20

August

Go Lions…

image

Dis hoe die Lions se nuwe rugby klere gaan lyk. As ek eendag die span se bestuur oorvat…

10

June

Hello Kitty!

image

As ek so hempie aan het, dan verf die tannie sommer my gesiggie ook so! Ek lyk sommer awesome!

10

June

Ons is katte…

image

Want dis te maklil om mense te wees, en dis baie lekkerder om so ons kos te eet…

26

February

Nee, dit sneeu nie

image

Dit was net ‘n baie groot hael storm!

Ons sandpit is heeltemal oor stroom en vol ys…

Ek wonder hoekom mamma en pappa nie wil hê dat ek en boetie daarin moet speel nie…

26

February

Vakansie in Sondela

image

image

image

image

Dankie Mamma en Pappa vir ‘n awesome vakansie. Jip, ons het laas naweek bietjie in ‘n tent gaan kamp

Dit was hope pret! Ons was so naby aan die jungle gym en swembad,  en ons het hope cool goed gedoen, ek en mamma her sommer ‘n koei gemelk en daar was ook wilde diere. Ons het rooikatte en tierboskatte gesien, en ook ‘n baba bosvark

Dit was baie lekker!

5

February

Reen. Watse reen?

image

Kyk ne, as dit hier reen, dan reen dit

Kyk hoe lyk ons sandpit (wat eers ‘n swembad was)

Ek wonder of ons kan rys plant…

5

February

Eina Tannie!

Hoekom moet mens inentings kry? Die goed maak net seer, en dan voel ek sommer nie lekker nie. Gelukkig was Pappa en Muis saam met my, net om so bietjie te troos. Kom ons kyk of ek dit deur die aand kan maak

17

January

Skool verjaarsdag

Hi almal,

Dis wat my juffrou vir my gegee het gister. Sy is so baie lief vir my

16

January

Gelukkig verjaarsdag aan…. my

Jip, ek is nou 2 jaar oud. Kan julle dit glo?

Dankie aan almal wat laas naweek hier was vir my partytjie, en vir al die lekker eetgoedjies wat mamma gemaak het

Ek en my maatjies het vandag cup cackes by die skool geeet. Dit was baie lekker. En toe, daarna, het pappa en mamma vir my en boetie Spur toe gevat om te gaan uit eet. Dankie daarvoor,  ons speel altyd lekker by Spur

Ek is nou flou, sal later ‘n foto of twee opsit…

15

December

So lekker soos treinry

image

Yip. Dis baie lekker om trein te ry! Ons almal het vandag pretoria toe gery. Sommer net. Die trein ry baie vinning

Boetie is al so groot, hy moes sy eie kaartjie kry. Ek is nog klein, ek hoef nog nie te betaal nie. Dit was baie lekker

Dankie Mamma en Pappa