24

January

My gelukkige nommer

3 Dis al. Ek was die 3e baba op die 16e Januarie gewees, ek is net na 3 gebore, en het 3.3kg geweeg. En die 16e Januarie is die derde week van die jaar… Enough Said

24

January

Nog net 5 weke

Dan is die eerste 6 weke verby. En alles met babas werk in groepe van 6: eerste 6 weke waar niemand slaap nie, dan na die eerste 6 maande is babas al amper mense, en na die eerste 6 jaar gaan mens groot skool toe! Ons sal maar sien of mamma en pappa oorleef so […]

21

January

Wat is ‘n “floater”

En hoekom was pappa omgekrap toe Boete vir pappa een in die bad gelos het gister?

20

January

My Eerste paar dae

Julle, hierdie wereld is nie lekker nie! Ek wil terug klim in Mamma se magie in. Dit was lekker warm en stil, en ek het nie gesukkel met enige maag krampe nie, want mamma het sommer al my kossies namens my gekou! Ek sukkel die laaste dag of twee verskriklik met krampe. Dis niks lekker […]

17

January

Dag 2

Hi Almal Ek het my eerste dag oorleef. Wat ‘n snaakse plek! Hier is so baie susters wat my en mamma oppas in die hospitaal, ek wonder waar kom hulle vandaan. Ek was vandag baie kwaad vir hulle – hulle het my gebad. Dit was aaklig. Ek het sommer gehuil dat die dak lig. Gelukkig […]

16

January

En Hier Is Ek!

Hallo wêreld! Ek is vandag 15:05 gebore in Sunninghill. Ek weeg 3.3kg, en is 51cm lank. Alles het goed gegaan. Ek sal later vir julle fotos opsit – ek gaan nou eers eet. ps. Ek dink my mamma is awesome