25

February

6 Weke Oud

Wel, amper. Maar ek begin nou al ‘n mensie word. Ek glimlag vir Mamma en Pappa, en ek het gister aand amper 7 ure lank aan een geslaap. Pappa en Mamma sê ek begin groot word. Kyk hoe mooi glimlag ek

17

February

Ek is by die huis

Jipee! Die dokter het vanoggend gesê ons kan maar huis toe kom. Ons is almal baie bly daaroor. Pappa het ook vanoggend sommer gou deur my leêr gegaan, en hy sê daar was 20 bladsy se Lancet en Ampath toets resultate daar binne… Wie kry my jammer? Gelukkig is ons darem by die huis, so […]

16

February

Dag 3 (kyk gou wat is my gelukkige nommer)

Sien, my gelukkige nommer is 3… Ons het darem vandag uitgevind wat fout is met my. Ek het die Parechovirus onder lede. Hulle het dit uitgevind deur een van die CSI toetse van gister. (Die een wat in my neus op gedruk was) Die ding se naam is langer as wat ek is… (Behalwe as […]

15

February

Dag 2 in die hospitaal

Hi julle, ek is nog in die hospitaal. Dis glad nie lekker nie! My dag het 5 uur begin toe hulle nog bloed kom trek het, vir nog toetse. Hier is gereeld mense wat kom kyk of ek en mamma ok is. Hulle het vandag ook regte CSI toetse op my gedoen. Die tipe waar […]

14

February

Valentynsdag se naam word verander

Na iets soos “Hospitaaldag vir die Bogaards”, vir die eenvoudige rede – ons boer daar vandag. Uit die 24 uur op die 14de, is ek net 9 ure by die huis gewees! Dit het so gebeur: ek het so klein bietjie koors die 13e gehad, maar niks te erg nie. Mamma het so mooi na […]

12

February

Foto Sessie

Hi Almal, Ek was gister by tannie Wendy. Sy het pragtige fotos van my geneem, selfs al was bietjie kwaai met haar. Mamma en Pappa sê hulle kan nie wag om dit te sien nie Sal julle laat weet as ons die fotos gekry het