24

November

Sterkte boetie muis

Ai julle, my hartjie was vanmiddag so seer. Mamma en Pappa het my by Ouma Cielie en Oupa Kallie gelos in Middelburg. Hulle sê dis omdat boetie more sy mangels moet laat uithaal

Ek was baie hartseer, maar Ouma kyk so mooi na my

Ek sien weer vir boetie-hulle sommer gou

Sterkte boetie muis!

16

November

Sommer Somer Pret

Sjoe dis lekker as dit warm is. Dan kan ek en boetie buite in doe water speel!

7

November

Partytjie tyd

image

Yip. Darryl het saterdag verjaar, en ons het bietjie gaan kuier

Kyk hoe mooi het sulke oulike tannies my gesiggie geverf!

11

October

Choas, absolute chaos

Daar kom ‘n tyd in elke huis se lewe wat hy moet oor geverf en reg gemaak word. Daai tyd is nou hier vir ons huis…

Die stoep word oorgedoen, die krake word uitgekap en opgevul, en hopelik word die hele huis dan volgende week geverf. Kyk bietjie hierdie fotos:

image

image

image

image

Lekker prettig nè?

Miskien gaan die huis dan net so mooi soos ek wees!

11

October

Ek word nou groot

Yip – ek het sommer 2 keer vir my jufrou gevra om my toilet toe te vat. Ek probeer nou so gou as moontlik van die doeke af kom. Die nat goed pla my nou net.

Maar so met die groot word, word die stampe en skrape ook groot… Mamma reken daar is nie ‘n dag wat ek nie myself seer maak nie. Sy wil nie eers meer hê ek moet kort broeke aantrek nie, want my kniëe lyk te erg. En toe ry ek vandag nag sommer met die skopfiets in die muur vas. Pappa het darem gesien ek het ‘n groot pleistet op my klein vingertjie.

Dis lekker om groot te word, maar party dae is dit bietjie seer.

29

August

Batman!

image

Enough said…

11

August

Mon-toos

Of eintlik mongoose… maar ek kan nog nie mooi praat nie

Jip, hier het gister 20 mongooses kom kuier hier op Marloth.

En vlakvarke, en zebra’s, en koedoe’s

Sjoe dis lekker hier!

27

June

Muis

Yip, as Pappa vir boeta kan “Muis” noem, kan ek seker ook

DIt klink net anders – ek het nog nie so baie tande soos pappa nie, so die wind fluit lekker as ek hom roep… Amper iets soos “Mui-ui-shhhh”

Lief jou boeta

10

May

Ek en Boeta…

Hi almal,

onthou julle nog die foto van Boeta?

http://bogaard.co.za/franco/?p=523

Hier is my eie weergawe!
AnnekeKaas2

23

April

Maggggggg!

Ja nee, dis een van my eerste woorde! As boeta mag, dan mag ek ook – en moenie dink mamma en pappa kan my van plan laat verander nie

Ek kan ook al mamma en pappa sê, en ek probeer alles na-aap wat mamma vir my sê