Franco Bogaard's Blog

My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Ons eerste troeteldiere

Jip, ons het ons eerste troeteldiere gekry! 2 klein goudvissies. Ons is so opgewonde,  ons kan nie eers stil staan vir ‘n foto nie…

Dankie Mamma, ons sal hulle mooi oppas!

image

My verjaarsdag

image

Raai wat het ek gekry! Lego, en baaaaie daarvan

Dankie vir almal wat by my verjaarsdag partytjie was, ek het my gate uit geniet

Die ongewone manier

image

image

Kyk, die saak staan so – hoekom moet ek die puzzle reg om bou, as ek hom onderste bo kan draai, en hom dan kan bou? Pappa sê dis weird dat ek dit kan reg kry

Kyk wat maak ons!

image

Kyk hoe hoog gaan ons –  ‘n hele 100 meter! Sjoe, dis hoog, en ons kan tot by mammaa se kantoor sien! Dankie Ouma en Oupa dat julle by ons kom kuier het. Dit was baie lekker

Kyk daai eier

image

Ja nee kyk – dis wat gebeur as ek en Pappa se kantoor deur mekaar mis verstaan…

Dit was glad nie prettig nie, maar ten minste is die swelling npu al af, en is dit darem nie meer so baie seer nie

My Legos

image

Of eintlik Mamma se Legos…

Maar ek speel darem maar soooo lekler daarmee.  My karretjie is nou by die garage – hulle gooi olie in die engin, en hulle maak die petrol vol

Julle is stout vir my

En ek soek ‘n ander Pappa en Mamma…

Dis wat ek kweit raak as ek 2 ure oor my slaaptyd is, siek voel, en medisyne in het wat mens lomerig maak.

Dan is ek moeilik,  en as pappa my raps omdat ek my hoed as ‘n skoen gebruik, en mamma raps my want ek verloor my humeur met my pappa, dan kom die wiele af…

Pappa en mamma reken my brein short-circuit. As hulle dink dit lyk so van buite af, moet hulle net dink hoe lyk dit van binne af.

Maar daar is nie veel wat ‘n uur lange slaap (al is dit in ‘n kar) nie kan reg maak nie.

Dankie mamma en pappa, ek is nog eintlik lief vir julle.

Skaap 1, Franco 0

image

image

Ja nee kyk. Mak skape is toe nie heeltemal so mak soos ek gedink het nie.  Ons was bietjie op vakansie,  en ek wou net die skaap se kop vryf, toe raak die ding sommer laf en stamp my met sy kop op my bors! Pappa sê dit het soos ‘n cartoon gelyk soos ek deur die lug vlieg!

En natuurlik os daar net doringbome in dir bosveld, so mamma moes gereeld dorings uithaal. Ek is so groot, ek voel nie eers iets as mamma in my voet grou nie. Pappa reken ek het sole van leer…

En die beste ding is, daar was nie eers chocolate melkies nie, so elke keer as ons kafee toe was, het ek sommer ‘n 500ml melkie gekoop en hom heeltemal opgedrink. Dit was lekker!

Dankie vir die vakansie Mamma en Pappa

Dis ‘n muis

image

En ek bedoel nie ek self nie. Ek het ‘n muis opgetel op Oupa Kallie se grasperk, en toe vir almal in die huis kom wys…

Ouma kon nie glo wat ek doen nie, maar soos hulle sê: boys will be boys