My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: August 2010

Dankie Pappa

Dankie Pappa gisteraand so mooi na my gekyk het. Tot half twee gisteraand het pappa my in die sitkamer besig gehou, sodat mamma kan slapies.

Mamma voel sommer baie beter vanoggend en kan al my streke handle. Mamma het ook, skottelgoed gewas, 2 bondels wasgoed, die skottelgoed mashjien uitgepak en met bankmed gepraat, als voor 9 uur! Wow!

Omdat my pappa gisteraand superdaddy was, is my mamma vanoggend super mammie! Mamma en ek het tot tyd gehad vanoggend om ‘n paar fotos te neem. Kyk hoe lekker speel ons op die bed.

O, ja. Mamma se haar hart klop chokolates vir Pappa vandag en dat sy super duper lief is vir hom!

Dankie Ali!

Franco doedoe…;-)

Weereens is dit Maandag en sit ek net genoeg blou in die dag om my mamma lekker moeg te maak.

Maar maak nie saak hoeveel blou Franco in die Maandag probeer sit het nie, een enkele cutie move het mamma se hart weer so sag dat ek more weer met haar kan toor!

Mamma dink ook Pappa is die beste husband en daddy ooit, want hy het vandag bierjie vroeer huis toe gekom. Dankie Daddy.

O, en jul weet mos daar is sports as ek en Pappa by die huis is. Ek het vanaand so vinnig in die swaai stoeltjie wat ons by Oom Dave leen gesit… dit was ook cute, maar ek nog bietjie te klein en die geheen en weer was dalk te veel vir my klein lyfie om te handle. Een van die dae is ek ‘n groot seun wat in die swaai stoeltjie kan sit. Een van die dae hoor!

Geniet hierdie fototjies almal. Hoop Franco klim nog verder in jul harte in!

Franco doedoe:

Kuier op die plaas… Delmas

Sondag ry ons toe na my Ouma Fanny en Oupa Antonie in Delmas. Ek word weer ingestrap in my kar stoeltjie en mamma sit agter by my.
Ps Pappa het met die rooi Golf gery om daai diesel filter skoon te ry… gelukkig het my diesel filter niks skoonmaak nodig gehad nie en was ek soet heelpad na Delmas.

Haai, weet jul wat hoor ek my pa se net so voor Delmas… hy wonder hoe ‘n karstoeltjie ‘n baba beskerm as die kar vinnig moet briek en die ABS inskop… Jo, jo, jo… mamma het na ‘n paar gevleulde woorde amper iets anders in pappa se dinges ingeskop…

In Delmas se ek ook hallo vir Buksie en Trixie, die twee Toypoms. Hul snif my ook maar is darem bietjie meer opgewonde om my te sien.

Ek het toe ‘n hengse doeke disaster daar in my Ouma se groen kamer, maar gelukkig het mamma die poep en pieps met haar hande gevang voor dit op die duvet geval het… (Jip daar is niks glamerous aan mamma wees nie)

Anyway, ek besef toe ook baie vinnig dat ek meestal maar buite sal speel in Delmas, Oupa Antonie gaan bietjie kwaai wees as ek hul mooi huis per ongeluk vuil maak.

Verder kuier ek lekker, slapies meestal maar nie voor Ouma en Oupa my lekker vasgehou het, en ek ook vir hul my cuteste gesiggie uitgehaal het nie.
Sommer baie lief vir hierdie ouma en oupa ook!
Dit was net ‘n vinnige kuier maar mamma en pappa het belowe ons kan weer ander aand daar gaan oorslaap. Ek sien uit daarna.

Donderdag gaan ek weer Delmas toe, en dan gaan my Tannie Anita ook daar wees. Ek sien uit daarna!

Dankie vir ‘n lekker naweek aan al die Oumas en Oupas. Franco en sy mamma en pappa het alles baie waardeer en lief jul sommer BAIE!

Roadtrip to Middelburg!

Jipee! Roadtrip! Weet nie of mamma of Franco die mees opgewondste was nie… Vrydag aand is al die Bogaardjies al soos 7,30 in die bed, want Saterdag oggend gaan ons op roadtrip na my Ouma Cecile in Middelburg!

Ons word toe 4:30 wakker maar pappa besluit dis darem te vroeg om Middelburg toe te ry. Ons Bogaardjies snooz toe maar almal in een bed tot so 6 uur!
Ek word ingestrap in die kar seat en klein Franco lyk piep klein daarin. Dit ou my darem veilig. Ek doeks al die pad af Middelburg toe. Ek soet!

My Ouma en Oom Kallie was vreeslik opgewonde om my te sien en my Ouma hou my so veel moontlik vas. Dit lekker. Ek ontmoet ook vir Zortjie die Jack Russel. Maar hy nie so baie geintereseerd in klein babatjies nie. Hy snif my net! Verbeel jou!

Ek kuier lekker en my Ouma kry ‘n smakie van my Weeeeeeee… sommer op haar klere en in my gesig in. Ai, gelukkig is sy gewoond aan seuntjies grootmaak.

Pappa bad my lekker in die sonkamer en ek op my cuteste vir my ouma, huil nie te veel nie en slaap mooi gedurende die aand.
Oom Kallie hou my ook lekker vas en bond ek sommer met almal.

Baie dankie vir ‘n heerlike kuier in Middelburg, ek sal sommer baie weer kom! Baie lief vir julle!

Ps. Dankie vir Oom Wessel wat my so vinnig hallo gese het en vasgehou het Sondag oggend oppad Delmas toe. Dit was lekker om jou te ontmoet!

Eerste Shopping Trip

Dis snaaks hoe jou prioriteite en verwagtinge verander…

Ek en mamma het vandag alleen gaan melk en brood koop. Pappa is baie trots op mamma gewees daaroor; en ek kan nie verstaan waarom dit so issue is nie…

Die mense by die Shell het mamma gehelp dra, want mamma het my in die baby-seat gehou. Ek is bly ons het gaan rondry, dit was cool!

Franco Dronkie

Sekerlik het all mammas al die volgende scenario voor hul sien afspeel, en as jy nog nie ‘n mamma is nie, imagine die volgende prentjie…

Franco het lekker vir so 30 min al gevoed. Mamma hou hom lekker styf teen haar vas en gooi hom oor haar skouer om die windjies uit te vryf. Franco se koppie swing met ruk bewegings heen een weer, melk en drule loop by sy mond uit, windjies kom onaangekondig sommer bo en onder uit… Franco probeer met Mamma gesels maar die geluidjies is stadig en bietjie lui om uit te kom, verder kan die pragtige bruin ogies nog nie fokus nie so ons loer mamma so bietjie skeel aan en dan woeps raak Franco sommer op mamma se bors aan die slaap!

Se nou net dit klink nie soos ‘n dronkie na ‘n aand se lekker kuier nie…

Lief jou my klein Franco 😉

Dokters besoek

Ek was vandag by die Dokter (of die suster eintlik) en sy het my geweeg, en gemeet, en sommer maar net gekyk of ek gesond is.

Ek is nou 3.88kg (ek was 3.64kg toe ek gebore was), maar ek het nog nie gegroei nie. Ek wonder hoekom nie? Miskien sal ek eendag begin groei.

Sy se ek is baie gesond, eet goed, en sy kon nie glo hoe stil ek op die baba-skaal gele het nie…

En my ma-hulle se ons gaan die naweek bietjie Middelburg en Delmas toe. Ek wonder waar dit is?

Bad tyd!

Badtyd saam met Daddy! Lekker warm water maak my rustig en is ek ‘n engeltjie!

Kyk hoe cute is ek!

Hallo Antigo Falls!

Sien dis Maandag vandag. En alhoewel nie elke Maandag blou hoef te wees nie, is ek darem ‘n seuntjie en moes ek bietjie die dag effens versuur (babablou) vir my ma.

Sien ek wil toe nie slaap na my 12 uur voeding nie, en teen 1 uur reken my ma my ‘persoonlikheid’ is te groot vir die klein huisie. Vinniger as wat sy nog ooit ‘n vuil doek omgeruil het is ek toe in my stootwaentjie, twee komberse en een sommer booor die waentjie gegooi. Daar trek ons toe agterdeur toe.

Ons eerste adventure was om by die trappie af te kom en darem kon my ma ons aftel. Vir die eerste keer sien ek ons mooi geel blommetjies by die agterdeur en ek skreeu vir my ma sy moet kyk. Maar sy ignoreer my flat. Toe gaan ons oor die sagte grassies, en wel mense toe tref ons die paving.
Jo, ek dink my ma het die uitstappie met ‘n landloop wedstryd verwar, en hoe meer ek vir haar skreeu HOOKAAI! eeek skkkuddd! Hoe meer ignoreer sy my. Ons loop orals, om die tennisbaan, na die swembad, amper tot by die hek, so paar keer herhaal ons die roete. Mamma kom darem agter sy moet stadiger stap, want as ek tande gehad het sou dit al lankal teen mekaar geklap het. Ek hou ook toe maar op met skreeu, ma luister anyway nie.
Sy het half gehoop ek slaap as ons by die huis kom, maar darem is ek rustiger.

Sjoe, wat ‘n adventure! Aangename kennis Antigo Falls!

Some more welcome visitors!

I got some more admirers today. With my cutie brown eyes and hair I charmed Uncle Adrian, Uncle Les and Aunt Ethel during their visits this weekend.

Thank you so much for comming to meet me. Aunt Ethel has the magic touch and I sommer settled down in her arms. I know I was still very sleepy but appreciated your visit a lot!

Also thank you for the lovely cake. Daddy now has some lunch for tomorrow. Mommy also discovered that Daddy has some hidden talents when he dished up the lovely cake and organised drinks for everyone. I have a superdad!

Now I am trying to charm Daddy in staying at home tomorrow. Me and Mommy enjoyed having Daddy here so much this weekend. I really love my daddy, and we are going to miss him lots this week!