My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Daily Archives: August 23, 2010

Bad tyd!

Badtyd saam met Daddy! Lekker warm water maak my rustig en is ek ‘n engeltjie!

Kyk hoe cute is ek!

Hallo Antigo Falls!

Sien dis Maandag vandag. En alhoewel nie elke Maandag blou hoef te wees nie, is ek darem ‘n seuntjie en moes ek bietjie die dag effens versuur (babablou) vir my ma.

Sien ek wil toe nie slaap na my 12 uur voeding nie, en teen 1 uur reken my ma my ‘persoonlikheid’ is te groot vir die klein huisie. Vinniger as wat sy nog ooit ‘n vuil doek omgeruil het is ek toe in my stootwaentjie, twee komberse en een sommer booor die waentjie gegooi. Daar trek ons toe agterdeur toe.

Ons eerste adventure was om by die trappie af te kom en darem kon my ma ons aftel. Vir die eerste keer sien ek ons mooi geel blommetjies by die agterdeur en ek skreeu vir my ma sy moet kyk. Maar sy ignoreer my flat. Toe gaan ons oor die sagte grassies, en wel mense toe tref ons die paving.
Jo, ek dink my ma het die uitstappie met ‘n landloop wedstryd verwar, en hoe meer ek vir haar skreeu HOOKAAI! eeek skkkuddd! Hoe meer ignoreer sy my. Ons loop orals, om die tennisbaan, na die swembad, amper tot by die hek, so paar keer herhaal ons die roete. Mamma kom darem agter sy moet stadiger stap, want as ek tande gehad het sou dit al lankal teen mekaar geklap het. Ek hou ook toe maar op met skreeu, ma luister anyway nie.
Sy het half gehoop ek slaap as ons by die huis kom, maar darem is ek rustiger.

Sjoe, wat ‘n adventure! Aangename kennis Antigo Falls!