My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Daily Archives: August 30, 2010

Franco doedoe…;-)

Weereens is dit Maandag en sit ek net genoeg blou in die dag om my mamma lekker moeg te maak.

Maar maak nie saak hoeveel blou Franco in die Maandag probeer sit het nie, een enkele cutie move het mamma se hart weer so sag dat ek more weer met haar kan toor!

Mamma dink ook Pappa is die beste husband en daddy ooit, want hy het vandag bierjie vroeer huis toe gekom. Dankie Daddy.

O, en jul weet mos daar is sports as ek en Pappa by die huis is. Ek het vanaand so vinnig in die swaai stoeltjie wat ons by Oom Dave leen gesit… dit was ook cute, maar ek nog bietjie te klein en die geheen en weer was dalk te veel vir my klein lyfie om te handle. Een van die dae is ek ‘n groot seun wat in die swaai stoeltjie kan sit. Een van die dae hoor!

Geniet hierdie fototjies almal. Hoop Franco klim nog verder in jul harte in!

Franco doedoe:

Kuier op die plaas… Delmas

Sondag ry ons toe na my Ouma Fanny en Oupa Antonie in Delmas. Ek word weer ingestrap in my kar stoeltjie en mamma sit agter by my.
Ps Pappa het met die rooi Golf gery om daai diesel filter skoon te ry… gelukkig het my diesel filter niks skoonmaak nodig gehad nie en was ek soet heelpad na Delmas.

Haai, weet jul wat hoor ek my pa se net so voor Delmas… hy wonder hoe ‘n karstoeltjie ‘n baba beskerm as die kar vinnig moet briek en die ABS inskop… Jo, jo, jo… mamma het na ‘n paar gevleulde woorde amper iets anders in pappa se dinges ingeskop…

In Delmas se ek ook hallo vir Buksie en Trixie, die twee Toypoms. Hul snif my ook maar is darem bietjie meer opgewonde om my te sien.

Ek het toe ‘n hengse doeke disaster daar in my Ouma se groen kamer, maar gelukkig het mamma die poep en pieps met haar hande gevang voor dit op die duvet geval het… (Jip daar is niks glamerous aan mamma wees nie)

Anyway, ek besef toe ook baie vinnig dat ek meestal maar buite sal speel in Delmas, Oupa Antonie gaan bietjie kwaai wees as ek hul mooi huis per ongeluk vuil maak.

Verder kuier ek lekker, slapies meestal maar nie voor Ouma en Oupa my lekker vasgehou het, en ek ook vir hul my cuteste gesiggie uitgehaal het nie.
Sommer baie lief vir hierdie ouma en oupa ook!
Dit was net ‘n vinnige kuier maar mamma en pappa het belowe ons kan weer ander aand daar gaan oorslaap. Ek sien uit daarna.

Donderdag gaan ek weer Delmas toe, en dan gaan my Tannie Anita ook daar wees. Ek sien uit daarna!

Dankie vir ‘n lekker naweek aan al die Oumas en Oupas. Franco en sy mamma en pappa het alles baie waardeer en lief jul sommer BAIE!

Roadtrip to Middelburg!

Jipee! Roadtrip! Weet nie of mamma of Franco die mees opgewondste was nie… Vrydag aand is al die Bogaardjies al soos 7,30 in die bed, want Saterdag oggend gaan ons op roadtrip na my Ouma Cecile in Middelburg!

Ons word toe 4:30 wakker maar pappa besluit dis darem te vroeg om Middelburg toe te ry. Ons Bogaardjies snooz toe maar almal in een bed tot so 6 uur!
Ek word ingestrap in die kar seat en klein Franco lyk piep klein daarin. Dit ou my darem veilig. Ek doeks al die pad af Middelburg toe. Ek soet!

My Ouma en Oom Kallie was vreeslik opgewonde om my te sien en my Ouma hou my so veel moontlik vas. Dit lekker. Ek ontmoet ook vir Zortjie die Jack Russel. Maar hy nie so baie geintereseerd in klein babatjies nie. Hy snif my net! Verbeel jou!

Ek kuier lekker en my Ouma kry ‘n smakie van my Weeeeeeee… sommer op haar klere en in my gesig in. Ai, gelukkig is sy gewoond aan seuntjies grootmaak.

Pappa bad my lekker in die sonkamer en ek op my cuteste vir my ouma, huil nie te veel nie en slaap mooi gedurende die aand.
Oom Kallie hou my ook lekker vas en bond ek sommer met almal.

Baie dankie vir ‘n heerlike kuier in Middelburg, ek sal sommer baie weer kom! Baie lief vir julle!

Ps. Dankie vir Oom Wessel wat my so vinnig hallo gese het en vasgehou het Sondag oggend oppad Delmas toe. Dit was lekker om jou te ontmoet!