My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: September 2010

Macho Franco doen push ups!

Julle dit is darem maar wreed hierdie grootmens wereld… k dog my mamma is lief vir my maar deesdae wonder ek. Oumas moet met mamma raas, sy laat my nou elke dag push ups doen totdat ek opgee en huil.

Ons speel eers met my goggatjie war T Sherri my gegee het, en mamma toets of ek die goggatjie kan volg met my groot bruin ogies. Ek champion met die speletjie en kry ek dit elke keer reg.

Dan moet ek push ups doen op my magie. My arms nog nie sterk genoeg nie, en ek nog bietjie dom. Wetie wat om te doen nie. Ek tel my koppie so 5 keer op en my voete skop soos Oom Devon se vliegtuig propellar lem, maar ek kom nererns. Dan raak ek kwaad vir mamma en gooi so bietjie van ‘n tantrum. Ek werk dan so hard maar kom nerens nie!

Verdomp. Ek nog nie ‘n groot seun nie. ;-(

Mamma ruil my doek in kattebak!

Het vergeet om jul te vertel van hoe mamma en pappa my doek die naweek in daai Golf met die probleem dieselfilter se kattebak geruil het…

Dit was toe ons so lank vir tannie Eloise moes wag na die kerkdiens en wel, die badkamers was nie geskik vir klein babatjies se doek ruil nie… toe tel my pa my op en sit my op daai gecko mat, agter in die kattebak neer! Pappa check net dat mamma nie haar kop stamp en mamma ruil so vinnig my doek en check my pistooltjie mooi uit, dat ek nie haar rok “perongeluk” nat maak nie.

Ek en Mamma moes ook in die badkamer gaan eet daar by die hotel vroeer die dag, want ons kamer was nog nie gereed. Gelukkig was die badkamer skoon en het mamma beter daaroor gevoel, maar sy stres oor ander plekke. Wat doen mens met klein Babes as hul honger is en daar is nerens privaat waar mens gou hul kan voed nie?

Dit is een keer waar mamma se beplanning maar altyd on spot moet wees!

OK, dit weer maandag so ons kyk hoe blou kan ek dit vir my mamma maak. Gaan my pappa mis vandag, ons so lekker gekuier die hele naweek!

Troue in Pietersburg

Julle, toe trek ons Saterdag oggend hier weg in Joburg en die kattebak is net vol Franco goed! Jip mamma het seker gemaak ons is gereed vir die troue in Pietersburg!

Mamma trek my so mooi aan met kleertjies wat tannie Ilse my gekoop het en is ons net net laat by die kerk. Tannie Eloise het ook wit aan en gaan voor ons in die kerk in. Pappa se hy kannie verstaan hoe kan dorp straat so lank wees en ons so sukkel om die kerk te kry nie, en anyway watter bruid is nou betyds vir haar troue anyway!

Ek soet in kerk en later wag ons vir tanie Eloise by die onthaal vir 2 ure. Ek slapies mooi en pappa sit by my in die saal. Later sien ek duisende maatjies, want sien die family is baby friendly. Hordes maatjies wat almal se koppe mal hardloop en tekere gaan. Een van die dae kan ek saamspeel.

Natuurlik is ek die hartebreker en is al die tannies en ooms mal oor my. Almal tel my op en dink ek is die cuteste ding ooit! Tannie Eloise hou my lekker vas en mamma is oortuig dit is nie meer lank voor ek ‘n maatjie daar in Polokwane gaan he nie…

Pappa kyk so mooi na my die heelaand maar so teen 10h00 gee ek op en is ek vreeslik moeg.

Dankie vir die lekker troue en wil net se my mamma het pragtig gelyk Saterdag aand!

Kuier by Tannie Janina

Vrydag was braai dag en het ons by Tannie Janina gaan kuier. Ek het haar darem al een keer gesien by ‘n restourant maar daai dag het ek net geslapies. Vrydag het ek lekker saam met hule gekuier.

Tannie Janina het ‘n lekker groot stoep en het ek saam al die ander manne daar gekuier. Ek het op my pappa se skoot stroopsoet gesit en niks baie gemoun nie.

Ek lekker by my tannie Janina gekuier en die mooiste dogtertjie Jenna ontmoet. Sy is pragtig. Een van die dae kan ons saamspeel. Ek moet nog net ‘n groot seun word.

O, ja ek het tannie Janina se swembad so lekker ge-eye. Voor die einde van die somer gaan ek daar swem.

Dankie vir ‘n lekker kuier tannie Janina en Oom Renier!

Profesionele Fotos

Tannie Wendy het anderdag sulke mooi fotos van my geneem.

Hier is `n paar van hulle

Franco Baba “slaap deur”

Jipee, Franco baba is nou vinnig besig om groot te word. Op 5 en ‘n half weke slapies hy alreeds 6 ure aanmekaar!

Wow Mamma en Pappa le wakker en wag vir my om te skree maar ek snork daai blou kamer se polkadots sommer van die mure af!
Hul so trots op my. Pappa net vir mamma gelag, want sy worry ietsie is verkeerd met my, maar toe ek gisteraand weer wakker word drink ek 150ml melkies (want toe is ek vrek honger sien…) en gaan slapies sommer dadelik daarna weer soet!

Ek word nou ‘n groot seun!

Nog ‘n dokter

Liewe hemel! Hoeveel dokters ken my ma en pa… Ek was nou net by die pediater vir my check-up. Nadat sy my getrek het, gedruk het, met ‘n hammer geslaan en geweeg het, het sy darem besluit ek is heeltemal normaal. Ek kon dit vir haar gesê het, as sy my net gevra het.

(Die hamer was darem nie te erg nie, dit was net om my knieg reflekse te toets.)

Ek weeg nou 5kg, en is 60cm lank, en is heeltemal gesond.

1 maand verjaarsdag partytjie!

Al my Ouma’s en Oupa’s en Tannie Anita en Oom Raymond was vandag hier by my huisie. Ek is al 1 maand oud en het ons lekker verjaarsdag gehou.

Mamma het my mooi helder aangetrek vir die lente daggie en almal het my bietjie vasghou en drukkies en soentjies gegee.

Ek baie lief vir almal. Dankie vir die lekker kuier. Dankie ook aan Ouma Cecile wat die bed uit my kamer gehaal het. Nou kan ek lekker slapies in my kamer.

Drukkie!

My Oom Jaco kom kuier!

Jipee, my oom Jaco het kom kuier gisteraand. Hy my gesien toe ek 3 daggies oud was, en nou weer op my 1maand verjaarsdag! Ek groot seun geword in 4 weke en het oom Jaco my tot vasgehou.
Ek is baie lief vir slapies as oom Jaco kom kuier maar die keer was dit lekker om in sy groot hande vasgehou te word.

Dankie vir die kuier Oom Jaco, het jou gemis vandag saam al die familie, maar het die kuier waarder. Een van die dae is ek groot genoeg om met jou te stoei op die mat!

Ek en Oupa Bad

Ek het weer lekker by my Ouma Fanny en Oupa Antonie gekuier gister, en sommer oorgeslaap. My pappa was glo nog nooit so opgewonde om een aand sonder mamma te doeks nie… hy dog hy sal kan deurslaap… hmm, wat ek egter so in die gang af hoor is dat pappa te veel verlang het en sommer nagmerries gehad het hier by ons huisie alleen sonder klein Franco…

Ek het ‘n overload van liefde en omgee gekry daar in Delmas en het my Ouma en Oupa my sommer baie bederf. Oom Francois en Tannie Alta (Ouma en Oupa se vriende) het ook kom hallo se en ons het lekker vleis gebraai.

Voor die vleisbraai het Oupa my eers bietjie gebad. Dink dit was ‘n groter adventure vir my Ouma en Oupa as vir my… 😉 In ‘n groot erde skottel op Ouma se bed splish splash ek en Oupa toe. Ek soet seuntjie en huil niks eers nie. Dankie Oupa my so mooi gebad het. Baie lief vir Oupa!

Mamma se ook baie dankie Ouma klein Franco vanoggend 4h00 kom haal het na sy voeding. Mamma het toe vas geslaap tot so 6h00. Ek het by my Ouma en Oupa in die bed gedoeks… ek cute ne?

Ek my pappa BAIE gemis en kannie wag dat hy huis toe kom vanmiddag nie! Jipee!