My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: October 2010

SUPERBABES toer Suid Afrika

Weet julle wat gebeur as my slim rekenaar pappa verveeld is op ‘ Sondag middag?

Kyk bietjie waar het SUPERBABES orals heen getoer.

Babes tem Zorro!
Babes vlieg Oom Devan se Cesna!
Babes red twee vliegtuie
Babes in wonderland
Babes raak maatjies met ‘n by
Babes minister kuns en kultuur by Voortrekker monument
Babes en pappa by tafelberg!

Ek cool ne!

SUPERBABES

En toe raak dit Halloween!!! Tannie Katherine en Oom Zane nooi ons vir ‘n braai maar ons moet dan deelneem aan die Halloween trick or treat speletjie in hul kompleks.

Mamma is so opgewonde en maak vir my ‘n superman outfit! Mamma vat my donkerblou phoebe en floide babygrow (van R300) werk ‘n paar knopies aan en sit ‘n rooi mantel en superman teken op my bors. Lang rooi kousies voltooi die prentjie en ta da… Superbabes!!!

Almal dink ek lyk te oulik en steel ek alweer al die aandag!

Kyk bietjie hoe cute lyk ek!

 

My Ouma kom kuier!

Ek is so gelukkig julle, my Ouma Cecile en oom Kallie het vandag vir my kom kuier! Ek het hulle 4 naweke laas gesien, en bietjie baie verlang! Oom Kallie hou my so lekker vas en Ouma Cecile gesels ‘n hond uit ‘n bos met my, maar toe word ek skaam vir die kamera toe Ouma my wil afneem soos ek kan gesels. Toe se ek niks. Ouma my ook lekker melkies gegee en ek wys toe vir almal hoe grootseun ek is toe ek 200ml se melkies sommer chop chop opdrink!

Ek opgewonde om my Ouma en Oom Kaliie weer volgende naweek weer te sien.

Dankie jul so lief vir my is!

My eerste kiddies partytjie!

Hi julle ek het vergeet om te vertel ek was laas Sondag by my eerste kiddies partytjie!

Oom Dave en Tannie Claire het my na hul mooi dogtertjie Darryl se 2’de verjaarsdag partytjie genooi. Ons was by Drakes Farmyard en daar was hope diertjies. Die ander maatjies het lekker met sie hasies, eendjies en hoendertjies gespeel wat orals rond geloop het. Daar was ook ‘n ponie waarop die maatjies gery het. Een van die dae kan ek ook met die diertjies speel

Later die middag na ‘n bietjie reen en hael, het die klein maatjies lekker met ‘n waterslide afgegaan. Al die seuntjie maatjies het dit die meeste geniet en het die dogtertjies net so 2 – 3 keer afgegaan. Maar die seuntjies het later sommer kop eerste daar afgegaan! Mamma kan nie wag dat Franco kan saamspeel, pappa kan sulke mooi fotos dan neem!

Dankie ook vir Darryl wat vir my ‘n dankie se geskenkie gegee het. Bad speelgoed van farm animals. Dit baie oulik!

Soos wie lyk ek?

Soos wie lyk ek julle? Soos my mamma of my pappa?
Kyk die baba fotos en dan vote julle!

Jesus my ‘gestamp’ nes my pappa!

Kyk Jesus het my gestamp sodat almal kan weet ek is my pappa se seuntjie!

Ek het ‘n klein bruin geboortemerkie aan my linker kuit net soos my pappa!

Die fotos is baie lig so gebruik maar jul verbeelding!

(Raai watter been is pappa s’n 😉 haha!)

Is daar ‘n verskil tussen doeke?

Wel, vra my pa…

Dit klink snaaks, maar ek dink my pa weet daar is ‘n verskil. Want sien, mamma koop een maak, en dit lek effens as ek ‘n ordentelikke bollie maak.

So mamma koop ‘n ander maak. Die tweede stel werk BAIE beter, en niks lek uit. Mamma is te bly.

So wat doen mamma nie? Sy haal nie die ou tipe doeke uit my Travelling Bag nie, want “hoe erg kan dit nou wees?”

Ons het gou vir Ouma en Oupa Grootjie na Ouma en Oupa op Delmas gevat, en daarom gryp mamma mos net die Travelling Bag…

Ek het so lekker op pappa se skoot gesit, en toe mamma my optel, kom sy agter my baie mooi skoon klere, is nie meer so skoon nie. En op nader inspeksie, kom pappa agter dat hy sommer maar sy hemp en broek ook in die was kan gooi.

Ek weet ek mag nie vloek nie, maar mamma dink dis ‘n moerse grap. Ek dink nie pappa het dit so snaaks gevind nie…

Pappa moet nou maar ‘n broek (en belt) by oupa leen.

Hieruit leer ons:

1) Skenk doeke wat nie reg pas nie vir iemand anders
2) Pak vir pa ook skoon klere in
3) Babatjies is morsig…

Ek gaan nou maar slaap, laat pappa maar vir mamma uitsort.

😉

Ouma en Oupa Grootjie

Ek en mamma het weer die pad gevat gister, die keer Kempton toe. My Ouma en Oupa Grootjie kuier daar van die Kaap af.

Hulle pragtige witkoppe en het ek my verkyk aan hul. Ek lyk net soos hulle, ek ‘n klein Franco van Heerdentjie!

Oupa tel my sommer dadelik op en Ouma hou my so lekker lank op haar skoot vas. Ek baie soet en smile en gesels mooi met hulle. Mamma het net een monster doek geruil in Oom Dwain se kamer (waar daar ‘n baie groot slang is…) en toe is ek die vriendelikste seuntjie ooit!

Ons gaan weer lekker kuier Saterdag as pappa Ouma en Oupa Delmas toe vat en volgende week gaan ek weer in Delmas kuier saam my mamma.

Jip ek het wielietjies onder my dinges… 😉

Ouma en Oupa Grootjie

Ek en mamma het weer die pad gevat gister, die keer Kempton toe. My Ouma en Oupa Grootjie kuier daar van die Kaap af.

Hulle pragtige witkoppe en het ek my verkyk aan hul. Ek lyk net soos hulle, ek ‘n klein Franco van Heerdentjie!

Oupa tel my sommer dadelik op en Ouma hou my so lekker lank op haar skoot vas. Ek baie soet en smile en gesels mooi met hulle. Mamma het net een monster doek geruil in Oom Dwain se kamer (waar daar ‘n baie groot slang is…) en toe is ek die vriendelikste seuntjie ooit!

Ons gaan weer lekker kuier Saterdag as pappa Ouma en Oupa Delmas toe vat en volgende week gaan ek weer in Delmas kuier saam my mamma.

Jip ek het wielietjies onder my dinges… 😉