My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: November 2010

Kuier by Oumas

Julle ek is baie bevoreg om so lekker by my Oumas en Oupas te kuier. Laas week was ek op die plaas in Delmas en die naweek het ek twee aandjies in Middelburg geslapies.

In Delmas het ons lekker op die matras gele en speel en Ouma Fanny kyk so mooi na my. Oupa Antonie bad my lekker in die groot bad.

In Middelburg le ons lekker buite onder die boom, dit was baie warm. Mamma probeer my ogies beskerm met ‘n kappie maar dit het vir my nes ‘n speelding gelyk…
Ouma Cecile en Oom Kallie hou my lekker vas en ek hop baie lekker op Oom Kallie se been.

Tannie Anita kry ook sulke vinnige kuiertjies tussen in en smile ek lekker vir haar!

Baie lief vir jul hoor. Dankie vir al die liefde!

Splish Splash

Raai wat het ek uigewerk? Ek weet hoe om in die bad te spat!

Dis nogal snaaks as my Pa natter as ek is… En ek dink die mat in my kamer gaan weer binnekort `n was nodig he…

Dit is die lekkerste afkoel op so warm somersdag. My pa se kar het vandag 33 grade gewys.

Week 14 se vordering

Hi julle ek is al 14 wekies oud en was die week sommer by die tannie dokter en by die susters vir checkups en inspuitings.

Die dokter se ek is mooi groot en daar is niks fout. Ek weeg mooi 7kg en is 63.5cm lank. Die volgende dag by die susters het ek ‘n hele 40g gegroei! Mamma kan nie glo ek word so gou ‘n grootseun nie! Ek het ook weer 2 inspuitings gekry, net ‘n vinnige skree toe is ek reg. Later die middag toe pappa huis toe kom moes ek darem net wys ek het eina gekry en het op sy arm geslapies en bietjie gehuil.

Verder hou ek al mooi my speelgoed vas die week en kan dit nader trek. Ek kan ook van my rug na my sy rol as ek my beentjies gebruik. Ek cute.

Mamma speel ook lekker pop die week. Dit is koud en nou trek mamma my al my warm babygrows aan met kappies. Ek lyk net soos ‘n cuddle baba.

Lovies Franco

Babes en sy kleurvolle speelgoed

Hi julle, ek en mamma oefen elke dag om met my mooi speelgoed te speel. Dit help my om ‘n groot seun te word. Ek het mos al vertel hoe ek ‘n kleurvolle ladybird goggatjie nou al maklik met my slim handjies kan vang, wel vandag hetek geoefen hoe om die gogga se voetjies met my handjies in my mond te sit… Mamma dink ek het oraait hand mond koordinasie. 😉

Verder het mamma ook die bambino stoeltjie mooi gewas en het ek daarin gestaan. Dit was ook lekker en het ek my verkyk aan al die helder knoppies en goed.

Ok, ek lief julle hoor!

Superbabes word gedoop!

Nee julle dommies… Ek het nie my Superbabes klere aangehad daar op die kansel nie! Dit sal darem maar vreeslik snaaks gewees het. Vier doop babatjies in pragtige engeltjie wit klere en een Superbabes in my blou pakkie en rooi mantel. Die ou tannies en ooms in (daardie) NG kerk Delmas sou gedink het ek is ‘n klein duiweltjie wat gedoop word! Haha! My Oumas sal ook ‘n hart aanval gekry het.

Anyway in die regte storie het ek ‘n pragtige wit babygrow aan (wat al te klein was…Ouma Fanny moes twee sekondes voor ek opwas kansel toe my onderste knopie vasmaak) en is ek amptelik deur Jesus aangeneem as sy Engeltjie 7 Nov 2010 in Delmas NG kerk Wes.

Daar was baie mense wat die spesiale dag met my, mamma en pappa gedeel het. Ouma Cecile, O Kallie, O Jaco (wat my ook in die kerk ingebring het), Ouma en Oupa Kaap ( mamma se Ouma en Oupa) Ouma Fanny, Oupa Antonie,T Magda, T Janina, O Renier, T Sherri, T Elaine, O Niel en klein Keila hul dogtertjie.

Ons het lekker by Ouma Fanny se huisie in Delmas gekuier en koek (ensovoorts) geeet. Dankie vir Oupa Antonie hul wat die koeldranke en koek gekoop het en Ouma Cecile wat die ander soet goed gebring het. Ouma Cecile het ook vir my ‘n pragtige Kinderbybel gekoop en ek het by die kerk ‘n regte Jesus bybel gekry. My Ouma en Oupa grootjie het weer vir my ‘n geldjie gegee en waardeer ek dit sommer baie!

Ek was so soet en het baie lekker met al die mense gekuier Sondag na kerk. My oupa grootjie kielie my nekkie en ek skater dit uit van die lag. Hy het ook my naampie in die van Heerden Familie bybel geskryf. Dit was baie spesiaal baie dankie.

Baie dankie vir almal wat die daggie saam my geniet het en is ek baie lief vir jul!

Drukkie Franco

Kuier by T Anita

Ek mamma en Ouma het vandag by tannie Anita gaan kuier. My mooi tannie is deesdae vreeslik siek. Jul onthou mos so 4 weke terug het ons vir Ouma Middelburg toe gevat maar ek en mamma mag nie eers uit kar geklim het. Ons het gedog tannie Anita het pampoentjies. (daardie) dag het my Ouma grootjie ook saam ons gery.

Twee weke terug was tannie Anita in die hospitaal en het dokters gedink sy het ‘n parasiet wat haar binnegoed aanval maar die naweek was sy weer in Hospitaal en het die dokters nou besluit sy het ‘n ooraktiewe skildklier. Tannie Anita kon nie eers na my doop toe kom want sy was te siek. Haar hartjie het vreeslik vinnig geklop ( en ek dog dis omdat sy so baie lief vir Franco baba is…) maar die dokters was bang haar hart gaan staan van te veel werk. Ons wil tog nie dit he. Op die plaas sal die dokters nie weet hoe om my mooi tannie te help as sy hart aanval kry nie.

Baie dankie ons vandag by tannie Anita kon kom kuier. Dit was baie lekker en tannie het ‘n vreeslike mooi huisie!

Baie lief vir my tannie Anita en jy moet vinnig gesond word asb!

Woelige vingers

Franco baba word nou groot julle! Uiteindelik! Ek kan al so mooi met my handjies werk, meeste van die tyd kan ek dit beheer en slaan ek goedjies naby my raak of vat dit sommer vas. My dummy is die coolste want ek kan lekker my vingers in die ronde vashou kettingkie indruk en trek. Eers het mamma vir my gelag en was sy trots op my, totdat sy besef het die dummy kan nou nie meer help om my aan slaap te maak want ek trek hom uit! As ek wil huil kan mamma en pappa my nie meer stil maak met dummy, as ek wil huil sal ek verdomp die dummy uittrek! Ek is dan ook al slim genoeg om te probeer en die dummy terugdruk. Dit kry ek nie reg nie, maar een van die dae. Watch this space!

Ek lig ook my beentjies al amper tot oor my kop, dit staan sommer so 90grade met my lyfie. Ek dare pappa om my weer in my stoeltjie op ‘n bank neer te sit, of mamma om my alleen op die changing station alleen te los! Een van die dae rol ek daar af en dan val ek kaplaks op my kop. Dan gaan jul sommer baie huil!

Anyway, ek gaan Dinsdag na die dokter en sal laat weet watse ander vordering ek gemaak het.

Happy Birthday ook vir my! Net my pappa wat onthou het ek is 3 maandjies oud vandag! Jipee!

Ek bloei!

Aaaaahhh! Ek bloei julle! My duimpie is vol bloed en mamma se hart wil gaan staan van skrik!

Mamma knip mos my skerp naeltjies, maar ek hou not the damn my handtjies stil nie… Dit moes seker een of ander tyd gebeur het dat mamma ‘n stuk van my vinger en nie naeltjie afgesny het!

Ek het helse skreeu gegee en ek bal my handjies in sulke stywe vuisies dat ek net nog meer bloed uitdruk, dit lyk erger as wat dit is, en pappa lag vir mamma wat wit van die skrik is. Mamma wil sommer ‘n pleister plak maar pappa lag net. Hoe lank gaan ‘ pleister hou met my besige handjies en nou dat ek my handjies so lekker suig is die kanse maar min. Die bloei hou ook sommer op toe klein Franco ophou om sy vuisies so te bal.

Ai, mammas is darem maar erg! Maar ek weet dis net omdat sy so baie lief is vir my!

Jip ek my eerste seerkry oorleef… Sien mamma ek is amper ‘n groot seun!