My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Daily Archives: November 11, 2010

Superbabes word gedoop!

Nee julle dommies… Ek het nie my Superbabes klere aangehad daar op die kansel nie! Dit sal darem maar vreeslik snaaks gewees het. Vier doop babatjies in pragtige engeltjie wit klere en een Superbabes in my blou pakkie en rooi mantel. Die ou tannies en ooms in (daardie) NG kerk Delmas sou gedink het ek is ‘n klein duiweltjie wat gedoop word! Haha! My Oumas sal ook ‘n hart aanval gekry het.

Anyway in die regte storie het ek ‘n pragtige wit babygrow aan (wat al te klein was…Ouma Fanny moes twee sekondes voor ek opwas kansel toe my onderste knopie vasmaak) en is ek amptelik deur Jesus aangeneem as sy Engeltjie 7 Nov 2010 in Delmas NG kerk Wes.

Daar was baie mense wat die spesiale dag met my, mamma en pappa gedeel het. Ouma Cecile, O Kallie, O Jaco (wat my ook in die kerk ingebring het), Ouma en Oupa Kaap ( mamma se Ouma en Oupa) Ouma Fanny, Oupa Antonie,T Magda, T Janina, O Renier, T Sherri, T Elaine, O Niel en klein Keila hul dogtertjie.

Ons het lekker by Ouma Fanny se huisie in Delmas gekuier en koek (ensovoorts) geeet. Dankie vir Oupa Antonie hul wat die koeldranke en koek gekoop het en Ouma Cecile wat die ander soet goed gebring het. Ouma Cecile het ook vir my ‘n pragtige Kinderbybel gekoop en ek het by die kerk ‘n regte Jesus bybel gekry. My Ouma en Oupa grootjie het weer vir my ‘n geldjie gegee en waardeer ek dit sommer baie!

Ek was so soet en het baie lekker met al die mense gekuier Sondag na kerk. My oupa grootjie kielie my nekkie en ek skater dit uit van die lag. Hy het ook my naampie in die van Heerden Familie bybel geskryf. Dit was baie spesiaal baie dankie.

Baie dankie vir almal wat die daggie saam my geniet het en is ek baie lief vir jul!

Drukkie Franco

Kuier by T Anita

Ek mamma en Ouma het vandag by tannie Anita gaan kuier. My mooi tannie is deesdae vreeslik siek. Jul onthou mos so 4 weke terug het ons vir Ouma Middelburg toe gevat maar ek en mamma mag nie eers uit kar geklim het. Ons het gedog tannie Anita het pampoentjies. (daardie) dag het my Ouma grootjie ook saam ons gery.

Twee weke terug was tannie Anita in die hospitaal en het dokters gedink sy het ‘n parasiet wat haar binnegoed aanval maar die naweek was sy weer in Hospitaal en het die dokters nou besluit sy het ‘n ooraktiewe skildklier. Tannie Anita kon nie eers na my doop toe kom want sy was te siek. Haar hartjie het vreeslik vinnig geklop ( en ek dog dis omdat sy so baie lief vir Franco baba is…) maar die dokters was bang haar hart gaan staan van te veel werk. Ons wil tog nie dit he. Op die plaas sal die dokters nie weet hoe om my mooi tannie te help as sy hart aanval kry nie.

Baie dankie ons vandag by tannie Anita kon kom kuier. Dit was baie lekker en tannie het ‘n vreeslike mooi huisie!

Baie lief vir my tannie Anita en jy moet vinnig gesond word asb!

Woelige vingers

Franco baba word nou groot julle! Uiteindelik! Ek kan al so mooi met my handjies werk, meeste van die tyd kan ek dit beheer en slaan ek goedjies naby my raak of vat dit sommer vas. My dummy is die coolste want ek kan lekker my vingers in die ronde vashou kettingkie indruk en trek. Eers het mamma vir my gelag en was sy trots op my, totdat sy besef het die dummy kan nou nie meer help om my aan slaap te maak want ek trek hom uit! As ek wil huil kan mamma en pappa my nie meer stil maak met dummy, as ek wil huil sal ek verdomp die dummy uittrek! Ek is dan ook al slim genoeg om te probeer en die dummy terugdruk. Dit kry ek nie reg nie, maar een van die dae. Watch this space!

Ek lig ook my beentjies al amper tot oor my kop, dit staan sommer so 90grade met my lyfie. Ek dare pappa om my weer in my stoeltjie op ‘n bank neer te sit, of mamma om my alleen op die changing station alleen te los! Een van die dae rol ek daar af en dan val ek kaplaks op my kop. Dan gaan jul sommer baie huil!

Anyway, ek gaan Dinsdag na die dokter en sal laat weet watse ander vordering ek gemaak het.

Happy Birthday ook vir my! Net my pappa wat onthou het ek is 3 maandjies oud vandag! Jipee!