My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: December 2010

My Swembad

Hi Mense,

Hierdie is my nuwe swembad.

Ek het sommer gou in die sitkamer uitgetoets! Dit was baie lekker!

My Eerste Kersfees

JIPEE! Dit was Kersfees, en almal het my bederf!

Ek het die greatste presente gekry by almal; sulke oulike hondjies wat rondloop sodat ek agterna moet kruip by Ouma en Oupa op Delmas, ‘n swembad by Tannie Anita en Oom Raymond, en `n baie kleurvolle Teether-goggatjie ding by my ander Ouma en Oupa. Dit is die lekker van twee stelle Oumas en Oupas: Jy kry twee keer geskenke!

Mamma en Pappa het vir my die beste geskenk gekoop: ‘n Sharks Rugby hempie! Ek is sommer mal daaroor…

Dankie Almal, ek hoop julle het julle Kersfees geniet

O hel… Die bus is dood

Die bus is die Hyundai, net sodat ons almal op dieselfde bladsy is.

Ons het sommer almal vanoggend 4:30 opgestaan saam met my, en pappa en mamma het sommer tjop-tjop alles gepak, en ontbyt geëet. Mamma sê toe sommer vir pappa hy moet solank die goed in die kar begin pak, en dis toe daar waar die paw-paw die fan slaan…

Die bus is dood. Die sentral locking werk nie, die liggies in die kar is dood, die enjin wil nie draai nie…

So wat doen jy so vroeg in die oggend as jy wil huis toe gaan, en die kar wil nie werk nie? Jy bel maar die mense in wie se huisie jy kamp… Oom Solly sê: “Sorry, ek ry fiets, maar ek sal gou my seun stuur.” Dis 6:30 in die oggend…

So rukkie later kom Hendrik daar aan met sy pa se Land Cruiser. Die issue is: Hendrik kan skaars oor die stuurwiel sien, ek dink nie hy is baie ouer as wat ek is nie. Pappa reken Hendrik is in Standerd 5. Vinnig vinnig is die bus weer aan die lewe, so amper asof hulle sy hart ge-jumpstart het.

4 ure later is ons darem terug in Johannesburg, en toe sê Mamma dat sy by Ouma en Oupa in Delmas wil gaan kuier, want die Ou Kersaand en almal gaan geskenke kry.

So raai waar is ons nou? In Delmas! Oom Raymond en Tannie Anita is ook hier.

Ek sien uit na my eerste Kersfees.

Geseënde Kersfees vir almal!

My Mamma is Mal

Absoluut, heeltemal, 100% mal…

Ons drie het gaan stap, en nie wanneer nie: 1uur in die middag! Mamma het my gedra, en pappa het die sak met kamera’s gedra. En toe ons nog so entjie van die huisie af is, sê sy Pappa moet my vat sodat sy kan gaan swem, en woeps, daar gaan sy! Klere en al! Net so in ‘n stroompie in. Die stroompie het sulke helder skoon berg reënwater in, so dit was seker ok. Pappa was so geskok, hy kon nie eers ‘n foto neem nie. Mamma kan maar daai broek van haar afskyf: hy is vol modder!

Mense, dit was funny!

Die stap het my so uitgeput, en gaan sommer vroeg slaap vanaand. Mamma-hulle sê dis ons laaste aand hier. Môre gaan ons weer terug na die stad met sy baie liggies…

My eerste vakansie

Hi Almal. Ek is op my eerste vakansie!

Pappa en Mamma het my Drakensberge toe gebring, na Dumbe. Pappa spotmet my; hy sê hy bring die bobbejaantjie terug na die berg toe… Ek dink nie hy is snaaks nie.

Ons bly in die pragtigste huisie, en die hele plek is gras groen. Ons het vandag gaan Wafels eet tussen Bergville en Winterton. Dit was sommer baie lekker. Ons gaan stap elke dag, sommer net hier om die huisie. Mamma sit my in ‘n Kangaroo sakkie. Ek hou daarvan! Pappa is nou besig om hoender in ‘n oontjie te braai, dit ruik damn lekker. Mamma sê ek mag nie die woord damn gebruik nie. In daai geval, dink ek dit ruik blêrrie lekker.

Julle moet julle aand geniet, ons praat weer later.

Geheime om Babes aan slaap te kry ( vir almal wat hom nog gaan babysit…)

Jul hierdie is die belangrikste tips om babes aan die slaap te kry. Sommer vir almal wat hom nog eendag gaan babysit.

Heel eerste moet mens al jou aandag aan hom gee, moenie besig wees met iets anders, moenie aan iets anders dink… Ek dink babes voel aan hul is nie die belangrikste en vat dan nog langer om aan slaap te raak!

Hou ook dop as hy sy ogies met sy handjies vryf, binne 30sec moet ons babes erens op ‘n bed neer le.

Obviously gaan Babes teen die slaap fight! So moenie sonder ammunisie na die vegveld gaan!
1) Spoegdoek onder babes se koppie
2) Dummy
3) Gliserine/telement drops
4) Geduld en
5) BAAAAIE liefde

Sodra hy op sy rug neergele is ( en teen die tyd skree hy blou moord) dip die dummy in gliserine/telement drops. Instantly word babes tjoepstil.

Handjies en voetjies vlieg nog die hele wereld voel en alhoewel Babes die eerste veldslag verloor het, het hy nog gladnie opgegee nie! 😉 Gaan le nou langs Babes en le jou regter arm booor sy beentjies en met jou regter hand hou sy linker handjie weg van sy gesig af.
Met jou linkerhand vat sy regterhandjie vas! Nou kan hy nie sy ogies vryf of dummy uittrek en homself so weer wakker maak nie!

Goeie raad is om vir die bogenoemde menoeuvre gemaklik te le, jul gaan vir 10-30min so moet le! Onthou ook dat Babes sy eie mensie is en nie daarvan hou om vasgehou te word nie, moet hom dus nie vasdruk met jou hande nie, hou dit net styf genoeg vas sodat hy nie sy gesig kan peuter maar nogsteeds dink hy het beheer oor sy handjies…;-)

Teen die tyd behoort Franco al vir jul met sy cutie bruin ogies te staar… En somehow het hy jare laas dit geknip! (Moet op die staduim nie met hom gesels nie, al wil mens so graag vir hom se hy is die (wêreld) se cuteste cutiepie!)
Soen hom nou liggies op sy voorkop en neusie so 20keer, sonder om jou hande van syne weg te vat en sien hoe sy ogies stadig toe gaan.

Bly so langs hom le vir die volgende 5min. Hy behoort nog te probeer fight of sulke baba woordjies met sy engel stemmetjie te praat maar hy slapies nou sommer lekker!

Laaste maar nie minste raad is:
Sorg dat jul hierdie nie op ‘n squick bed doen. Net een squick as jul saggies wil wegglip en die 30-50min se harde werk moet weer van voor af begin word!

Nou ja baie sterkte! Geniet die bonding tydjie saam klein Franco. Hy is regtig ‘n cutiepie!

Mamma

Franco eet Pampoen

Franco eet pampoen vandag!

Franco hou baie daarvan en eet seker 15lepels pampoen!
Hy is so trots op homself daarna dat hy sommer die vriendelikste seuntjie ooit is!

Mamma se grootseun !

Oom Jaco kom kuier!

Ek en my Oom Jaco kuier so lekker julle! Hy speel met my en lig my in die lug op en kielie my en gesels die heeltyd. ek lag lekker en is die vriendelikste babatjie ooit!

Mamma se ek is ‘n cutiepie!

Ek begin Pap eet

Ek het vandag begin pap eet! Ek is nou officially ‘n groot seun!

Mamma sê daar staan ek moet net eers een teelepel pap eet, toe eet ek amper 3 teelepels vol!

Lekker aand vir almal van julle!