My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: January 2011

Naweek saam met my pappa

Julle ne, naweke saam met my pappa is by verre die beste ding ooit!

Ek die vriendelikste seuntjie en voel bietjie beter en glimlag die heel oggend vir my pappa. Netnou het hy sushi geeet met sulke vreemde stokkies en ek het so opgewonde geraak want ek dog hy gaan met my speel. Dit was weird kos wat pappa geeet het.

Gisteraand het ek ook saam my pappa krieket gekyk vir so rukkie, en nou doe doe ek op my pappa se skoot soos ‘n soet seuntjie.

My pappa dink ek is die cuteste ding nog ooit en ek kan sommer aan sy hartjie hoor hoe lief is hy vir my!

Lief vir pappa ook hoor!

Malaria

Ek was die laaste paar dae moeilik, het nie lekker gevoel nie, en “Holy Shit” was net die eerste van ‘n reeks. Alles tekens van malaria…

Ek het gister aand ook sommer by Mamma en Pappa in die bed geslaap, want ek slaap baie lig, en skree dan sommer blou moord. Op ‘n skaal van 1 tot 10 het mamma seker ‘n 3, en pappa ‘n 4 ge-score vir laas nag se slaap…

Mamma het my sommer vandag reguit dokter toe gevat na skool.

Gelukkig is dit toe nie malaria nie. Net ‘n maag-gogga. Die dokter het die week al omtrent 20 babas in die hospitaal laat opneem met die gogga. En waar dink julle kry ek die gogga? Ek druk mos freaking alles in my mond. Die heel tyd. Ook by die skool. Ek het seker een van my maatjies se gogga’s opgetel…

Ek het sommer ook my 6 maande check-up gekry, al is ek net 5 1/2 maande. Ek weeg min of meer 8kg, niemand kan my weeg nie, want ek net eenvoudig nie stil nie… Ek kry dit selfs reg om my ma en pa van die bed af te boelie, selfs al is die bed queen size. 😉

Maar nou genoeg van my, ek gaan nou slaap, en dan weer vir mamma en pappa kater wakker hou.

Holy Shit!

Holy shit! Het vandag vir my nuwe betekenis gekry…

Franco het sy grootste poep nog ooit nou net gehad. Persoonlik dink ek hy het al die kos wat hy nog ooit geeet het erens gebere om vandag in een poep uit te poep!

Sy hele doek, voor agter onder bo was vol poep! Stywe euwie poep! Sy hele wessie agter ook tot bo by sy vlerkies. Pleks sny ek die wessie met ‘n sker van hom af, maar nee toe trek ek die din oor sy kop uit. Wat ‘n disaster sy gesig, hare, hande, die doek omruil kussingkie als is vol shit! Hoe meer ek wipe hoe meer wiggle franco op sy doek omruil kussing en smeer als vol poep! Voor op sy magie, sy bene voor en agter sy voete als! HOLY SHIT

Al genade was om hom maar in sy kot ( wit beddegoed) te sit sodat hy nie afwiggle erens heen nie. Ek tap toe maar badwater in en bad die kind. Obviously hou Franco nie daarvan om vol shit te wees nie en skree blou moord deur die hele gedoente!

Nee genade, ek is nou getraumatiseerd en Franco le uitgepass soos ‘n Chekers hoender hier langs my op die bed! Klere en skoonmaak lappies het ek net so saam doek weggegooi. Die res is in die was 90 grade en daarna sal ek dit maar Jik.

Die dieetjundige kan gaan doppies blaas, al wat my nou sal laat beter voel is ‘n chokolade!

Holy shit!

( En NEE hier is nie fotos by hierdie post nie!)

OK on second thought… miskien is bruin sagte chokolade nie die beste beter voel manier nie… 😉

Eerder een  van KFC se forgiveness roomyse, ek sal maar eendag die geld van Franco se eerste sakgeld aftrek…

My Pa – die Kreef

Nee, nie sy sterre teken nie, sy kleur…

Hy was mos saam na Oom Devon se Bachelors. Mamma sê ek is te jonk om te drink, toe moes ek maar bly… Ek sal eendag saamgaan.

Al die ooms het gaan river raft. In Parys. Vir een aand… (One night in Parys – vir die wat bietjie stadig is)

Die klomp ooms was amper 4 uur op die water, en die Afrika son is nie ‘n man se maat nie. Sels al sit jy sunscreen aan. Selfs oom Jaco (wat amper elke week scuba duik) se bene is rooi. Maar pappa wen. Sy bene lyk soos kreef stert. Ek kan nie eers op sy skoot sit nie, dan lyk dit of hy wil huil soos ek, as ek honger is. 😉

Lyk darem of hulle dit geniet het. Hopeklik lyk my Pienk Speenvark Pappa more beter

Tannie Sherrie se Kitchen tea

Ek en Mamma het lekker met die golf rondgery die naweek! Mamma kla gladnie as dit daardie tjjor se wielietjies onder ons asses is nie… 😉

Ons was Pretoria toe Saterdag na tannie Sherrie se Kitchen tea. Mamma se ek is nog te klein om saam die manne te gaan riverraft! Pappa en Oom Jaco het dus maar Saterdag oggend alleen Parys toe gery vir die adventure saam oom Devon.
Ek was dus die enigste haan onder die henne by tannie Sherri se Kitchen tea.

Ek het lekker saam almal gekuier en ook my Ouma Cielie weer gesien. Dit was lekker. Ek my verkyk aan al die tannies en hulle het so baie gepraat. Hul het ook vir arme tannie Sherrie so snaaks soos ‘n ‘kamma’ bruid aangetrek en bietjie kwaai gemakup. Weet hul dan nie Tannie Sherri is klaar mooi en het nie al daai make up nodig nie! Dommies

Na ons persente oopgemaak het en lekker geeet het is ons almal saam tannie Sherri Metro toe om haar outfit en goed daar te gaan af show. dit was baie pret en het die winkel sommer vir ons almal vuvuzelas gegee.

Maar teen die tyd is ek al 5 ure aan die gang en moes ek koue melkies drink… so mamma reken ons het toe maar genoeg gekuier. Ons klim toe maar weer in daai cool rooi golf en laat die wielietjies onder ons asses draai Delmas toe.

Dankie Ouma en Oupa Delmas vir nog ‘n lekker kuiertjie, jul bederf mamma altyd so lekker.
Jul weet wat hul se: Happy mamma happy baba! 😉

Dankie vir die lekker kuier tannie Sherri. Sien jou oor twee naweke. Dan gaan jy sommer baie mooier lyk! Ek kannie wag nie!

 

Ek gaan skool toe

Yip, mamma kan nie verewig by die huis wees nie, en ek wil nog maatjies hê.

So toe vat mamma en pappa my vanoggend na my nuwe skool toe. Daar is BAIE maatjies vir my! As ek reg getel het, was daar seker so 12 babas onder 1 jaar oud, en seker amper nog soveel tussen 1 en 2 jaar. Ek dink ek sal OK wees.

Gelukkig kom mamma my net na 12 haal, dan sal ek vir haar alles vertel wat ons vandag gedoen het.

Soet wees almal!

Marloth Park – Rondte 1

Ek was hierdie naweek Marloth Park toe. Dit was amazing!

Daar was soveel diere om te sien, en so baie van hulle het babatjies – net so klein soos ek! Ons het baba vlakvarke, zebras, rooibokke en wildebeeste gesien! Ons het ook seekoeie gesien, en buffels, en somer nog baie ander goed. Nog net 3 slapies, dan gaan ek skool toe, dan gaan ek ook soos die klein diertjies nog maatjies he. Jipee!

Ek het sommer ook in die groot swembad geswem! OK, dit is `n splash-pool. maar dit het vir my soos `n groot swembad gevoel!!! Ek hou van water, veral as dit so vrek warm is!

DIe ape het ook sommer by ons huisie van die ou vrugte kom eet, dit was nogal cool. En mamma en pappa het vir my droe wors gegee om te eet. Ek het nogal lekker daarmee gemors, maar ek dink ek sal daaraan gewoond kan raak.

Dankie vir almal wat samgekom het, dit was sommer great.

Pretoria – die ander stad met die baie liggies

Jong, hierdie babes het regtig wielietjie onder sy @$$…

Pappa en Mamma het vandag vir Tannie Anita na die Wilgers hospitaal gebring vir die ‘n check-up en toetse vir haar skildklier, ek hoop maar dit gaan goed.

Pappa en Mamma het sommer oorkant Wilgers na ‘n mall gegaan en bietjie daar rondgeloop. Ek het die wêreld se beste winkel gesien – ‘n Lego winkel! Yip, net Lego stelle waar jy kyk. Ek weet nie wie was meer opgewonde nie, ek of my Pa.

Daar is selfs ‘n Lego robot wat kan kleure onderksei, en dinge sorteer en allerhande sulke cool goed.

Pappa sê hy sal nog ‘n verband moet uitneem, ek het nie eers geweet hy het seergekry nie. Hoekom sal hy ‘n tweede verband soek?

Soet wees, en stuur sommer vir almal groete van my af.