My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: February 2011

My eerste Sportdag

Hi almal!

My skooltjie het vandag ‘n boeresport dag gehad!

Dit was baie lekker en al my maatjies het sit vreeslik geniet. Ek is not bietjie te jonk om deel te neem, maar ek was daar om hulle te ondersteun.

Ek hou net nie daarvan as mense skree nie, so ek het so bietjie gehuil toe al die spanne hulls krete moes skree…

Daar was ‘n hindernis baan en fiets resies en ook ‘n sak resies. Daar was selfs ‘n 100m resies vir die ouers. Ek het gesien mamma en pappa wil nie saam hardloop nie, so toe maak ek maar of ek moeg is sodas ons kon huis toe gaan.

Ek het ook pannekoek geeet, want enige iets wat mamma en pappa doen, kan ek ook doen.

Dit was sommer ‘n great dag. Ek het rugby saam pappa gekyk en gesien hoe die Sharks wen. En toe pass ek uit. Sal weer more lekker saam mamma en pappa en die Raults kuier – hulle gaan kom middag ete eet.

Lekker aand vir almal!

Dankie T Anita

Dankie T Anita vir my pragtige verflappies! Dit lyk so mooi. Mamma so opgewonde daaroor, sy dit sommer al klaar op my kas geplak.

Baie baie dankie dit is pragtig en sal ek eendag kom dat tannie Anita my leer inkleur.

Drukkie

Franco ontdek Jesus se pragtige diere

Franco moet leer om in sy kot aan die slaap te raak, en nou lees mamma maar in die aand vir Franco uit sy Kinderbybel tot Jesus se engeltjies Franco droomland to sleep.

In elk geval, Franco en mamma het gelees van hoe Jesus die mooiste diere geskape het en ook van Adam en Eva. Pappa vra toe vir mamma of sy vir my vertel het hoekom ek een te min rib het… Adam kon glo soveel meer kry vir ‘n arm of been… 😉

Gelukkig het mamma van Jesus se diere vir my gelees want die naweek het ek my verstom aan hulle. Ek het so lekker met Zorro, Ouma Cielie se hondjie gespeel. Ek vat aan hom en drukkie hom, en raak vreeslik opgewonde as hy blaf of vir die bal spring. Ek so gemaklik en lief vir diere sommer so uit my eie uit.

Ouma Ciele en Oupa Kallie vat my toe ook sommer vanoggend na Amore voelpark toe en sien ek van Jesus se mooiste diere. Ek nog bietjie klein en my breintjie kan nie alles raaksien nie, maar ek het die twee groot McCaw’s raakgesien hoor. Ek swaai sommer my armpies en lag so lekker vir hulle. Hulle dans so mooi vir my. Ek skater dit uit!

Mamma en Pappa kan nie glo ek so gemaklik en lief vir diere nie. Maar hulle het vergeet Jesus het my ook gemaak, en is my pappa ook mos so lief vir diere.

Dis my sterk gene julle, of my sterk persoonlikheid… 😉

Wou vir julle oulike video hier opsit van my by die voelpark maar ons moet betaal. So ek sal dit maar vir die Oumas email. Laat weet as julle dit wil he hoor.

Franco show af by almal!

Dankie ons lekker by Ouma Cielie en Oupa Kallie kon kuier die naweek. Ek het so lekker daar in Middelburg gekuier.

Ek het ook vir T Anita en O Raymond gesien en is ek bly T Anita is beter na haar operasie. Ons kuier toe ook sommer so vinnig by T Antoinette, O Dawie, T Alta, pragtige Karla en O Wessel. Ek show by almal af, en sit so mooi sonder om eers om te val. Kan julle glo wat se O Wessel vir my pappa… ‘Nee dis lekker as hulle nog so stil is…’
Nee O Wessel, ek is verdomp nie doof nie, ek kan net nog nie praat nie. Maar wag net vir daardie comment sal ek eendag al die moeilikste vrae vir O Wessel hou en dan tune ek hom elke keer as ek O Wessel sien, sommer oor alles, sommer heeltyd! En in die vorige post het jul mos nou gelees van my sterk persoonlikheid, ek sal nie geignoreer word nie hoor! Watch this space…

Oppad terug kuier ons ook lekker saam O Devon en T Sherri en sit ek lekker in hul mooi huisie. Hulle het lekker honeymoon gehou en ons gaan een van die dae die fotos daar kyk.

Dankie vir almal vir die lekker kuier die naweek!
Ek het wielietjies onder my ass…

Mamma jou seun Boelie die ander babas!!!

Jip julle. Dis die boodskap wat pappa nou die oggend vir mamma gee van Juffrou Monika af!
Oh my Goodness! Mamma kan gladnie konsentreer of werk daardie hele dag nie.

Juffrou Monika se Franco is saam met nog ‘n dogtertjie die konings van die Hasieklas. Hulle rule die ander babatjies hoor! Ander babatjies moet nie dink hul kan naby Franco se speelgoed kom nie hoor, o nee, Franco skop hulle sommer. En al kan die ander babatjies al loop, is Franco nie bang nie. Hy klap jou sommer as jy sy speelgoed vat.
Kleiner babatjies word sommer aan die hare gegryp en geheadbud… Jip dis ons klein Franco waarvan Juffrou Monika praat… ;-(

Die Oumas en Oups dink dis die cuteste ding ooit en se goed soos: Sy mamma en pappa is nie daar om Franco te beskerm deur die dag nie, so dan doen Franco dit maar self…hy het ‘n sterk persoonlikheid…hy oorheers sy koningkryk… eish. Niks hiervan laat mamma beter voel nie.

Teen die einde van die dag besef mamma dag Franco nog moet leer om met al die babatjies te speel en te deel. Juffrou Monika leer Franco mooi en pappa en mamma moet nou maar net Jesus vertrou om klein Franco so sterk en pragtig groot te maak!

Eish.

Mamma en pappa speel pop!

Hulle dink ek is’n poppie hoor! Verbeel jou bubblebath, verdomp ek is ‘n seuntjie mamma!

Afchop sal daardie eendjie maar afchop hoor!

mamma verjaar

My mamma het gister 30 geword julle Ek en pappa het mamma heerlik bederf en se mamma sy het die beste verjaarsdag gehad!

Ons het vir mamma mooi lelies gekoop en vanoggend was ons Parys toe vir lekker ontbyt. Ek het my eie stoeltjie gehad enwas ek super cute, obviously Ons het ook vir die groot Vaalrivier gekyk en was dit baie mooi.

Na al die kuier was almal kapoet en het ons lekker op die bed gedoeks, ek het lekker gecuddle met my pappa. ek baie lief vir hom.

Newton en sy Appels

Hi almal. Hierdie was regtig ‘n tawwe week vir my. Ek was siek, en het my stemmietjie verloor. Ek het soos ‘n hees gans geklink. Pappa het vir my gelag daaroor. Gelukkig begin ek nou darem beter voel.

En toe… Vanoggend… Toe leer ek sommer twee van Newton se wette. Die eerste een is cool. Dis die een van elke aksie het ‘n reaksie. Basies beteken dit dat as ek met my voete vas skop, gaan my lyfie in die ander rigting! Dis baie lekker vir my. Die ander een is nie so lekker nie. Dis die een waar die appel op sy kop gevbal het. Wel, ek was die appel, en die vloer is Newton se kop…

Jip, ek het van die bed af gekruip! Ek het lekker langs pappa gelê terwyl mamma so paar dingetjies in die kombuis gedoen het, en net toe pappa weer sy ooglede rus, toe begin ek met “the great escape”. Ek moet duidelik net nog so paar van die details uitwerk.

Nou ja, ons begin nou regmaak – pappa vat vir mamma en my vir ontbyt in Parys. Sommer vir mamma se verjaarsdag. (Ek weet hoe oud mamma is, maar ek mag nie sê nie)

Soet wees, en koop maar crash helmets. 😉