My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: March 2011

Ons speel lekker in die parkie

Dis weer naweek julle en ek voel al bietjie beter. Die antibiotika wat die dokter gegee het werk en mamma en pappa roer my met die teejel!

Pappa ook vir my lekker stukkies biltong gaan koop en verseker werk dit beter as enige teathing ring ooit! Ek love daai biltongtjies

Ons het bietjie gaan stap en toe speel ek lekker in die parkie. Ek baie lief vir maatjies en lag vir almal ni die parkie. Kannie wag om terug te gaan skooltjie toe more nie, ek verlang na al my maatjies!

It never Rains…

Ek het griep! En ek kry Tande! Omdat ek griep het, mag ek nie skooltjie toe gaan nie. So mamma en pappa het my Delmas toe gevat. Tannie Anita pas my mooi op, en sy het vanoggend vir mamma gese dat sy ‘n tand kan voel!

Geen wonder ek voel so sleg nie!

Baie dankie Ouma Fanny, T Anita en Oupa Antonie wat so mooi na my gekyk het! Ek is so baie lief vir julle!

(En vir mamma wat sekerlik haar ergste aand ooit met my gehad het Vrydagaand, ek heeltyd gehuil en ons twee het NIKS geslaap nie)

Familie tyd saam Ouma Cielie en Oupa Kallie

Sjoe julle ek het ‘n lekker kuier saam Ouma Cielie en Oupa Kallie gehad. Daar was soveel vriendelike mense en die mooi bos!

Maar voor ons van al die mooi goed kan vertel moet ek eers vertel hoe goed kan my pappa met die bus 4×4! Die paadjie na die huisies is lekker rof en my pappa kap dit vlou hoor!

Maar dan het julle nog nie my Oupa met sy Nissan Nirvana gesien nie hoor! Ons ry die middag bietjie om wild te kyk en ek, Mamma en Pappa ry agter op die bakkie. Oupa 4×4 sommer booor ‘n koppie met baie los klippe en deur die veld waar daar nie eers ‘n paadjie is nie. Ek le rustig agter op en slaap, no worries.

Oom Chris en T Elri het ook met ‘n bakkie gery saam Willem, T Tokkie, Oom Chris se seun Chris en sy meisie en ook klein Giselle. Ons het toe bietjie gaan loop waar ons kameelperde gesien het en boop die berg die hele vallei en olifants rivier doer onder kon sien.

Dankie vir die lekker kuier Ouma Cielie ek het so lekker saam almal gekuier!

Drukkie

Top Gear by Ouma Fanny

Die naweek was so vol opwinding julle, ek weet nie waar om te begin nie!

Saterdag oggend het Oupa Antonie my in Boksburg kom haal en het ek vir die hele dag en aand by hulle in Delmas gaan kuier! Ek sit voor by Oupa in my karstoeltjie en sien al die karre. Oupa druk die toetter sodat ek lekker kan lag. Mamma stuur hordes tasse en speelgoed saam en tot ‘n manual… Ouma fanny kyk so mooi na my huil ek niks eers nie

Ek en Oupa Antonie jaag resies in my stoot waentjie in die gang af! Ek skater dit uit van die lag! Nogsteeds toothless maar Ruthless! Terwyl ek resies jaag in Delmas is mamma en pappa na die Top Gear motorshow toe en geniet hul dit baie. Hulle sien die Red bull F1 kar en ‘n klomp cool karre goed! Volgende keer gaan ek saam pappa, hoor!

Dankie vir die lekker kuier Ouma en Oupa en skies ek so rof geslaap het… Ouma se ek draai net my dummy die heeltyd in die rondte en moun nogal in my slaap.

Toemaar ek groei nog en sal ek een van die dae ‘n grootseun wees wat die heel aand slapies

Baie lief vir Ouma en Oupa Delmas hoor!

Jammer oor die lang stilte…

Maar daar is ‘n goeie rede daarvoor: ek is te besig om te groei om enige iets anders te doen…

Ek het agtergekom my Pappa eet jogurt in die oggende, so as hy kan, wil ek ook. Ek eet nou elke oggend ‘n hele bakkie jogurt op, en dan eers kan my Pappa syne eet. Dis mos fair, is dit nie?

En ons was Sondag by Oom Devon en Tannie Sherri in Pretoria. Ek het so lekker gespeel, dat ek doodmoeg was toe ons by die huis kom. Ek het regdeur geslaap tot Maandag oggend 6 uur, en toe was ek blerrie honger – ek het Sondag middag laas geeet. Pappa kon nie voorbly met die jogurt nie.

Ek hoor Mamma hulle sê ons gaan kaap toe in April – ek sien uit daarna!

Soet wees almal