My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Daily Archives: March 21, 2011

Familie tyd saam Ouma Cielie en Oupa Kallie

Sjoe julle ek het ‘n lekker kuier saam Ouma Cielie en Oupa Kallie gehad. Daar was soveel vriendelike mense en die mooi bos!

Maar voor ons van al die mooi goed kan vertel moet ek eers vertel hoe goed kan my pappa met die bus 4×4! Die paadjie na die huisies is lekker rof en my pappa kap dit vlou hoor!

Maar dan het julle nog nie my Oupa met sy Nissan Nirvana gesien nie hoor! Ons ry die middag bietjie om wild te kyk en ek, Mamma en Pappa ry agter op die bakkie. Oupa 4×4 sommer booor ‘n koppie met baie los klippe en deur die veld waar daar nie eers ‘n paadjie is nie. Ek le rustig agter op en slaap, no worries.

Oom Chris en T Elri het ook met ‘n bakkie gery saam Willem, T Tokkie, Oom Chris se seun Chris en sy meisie en ook klein Giselle. Ons het toe bietjie gaan loop waar ons kameelperde gesien het en boop die berg die hele vallei en olifants rivier doer onder kon sien.

Dankie vir die lekker kuier Ouma Cielie ek het so lekker saam almal gekuier!

Drukkie

Top Gear by Ouma Fanny

Die naweek was so vol opwinding julle, ek weet nie waar om te begin nie!

Saterdag oggend het Oupa Antonie my in Boksburg kom haal en het ek vir die hele dag en aand by hulle in Delmas gaan kuier! Ek sit voor by Oupa in my karstoeltjie en sien al die karre. Oupa druk die toetter sodat ek lekker kan lag. Mamma stuur hordes tasse en speelgoed saam en tot ‘n manual… Ouma fanny kyk so mooi na my huil ek niks eers nie

Ek en Oupa Antonie jaag resies in my stoot waentjie in die gang af! Ek skater dit uit van die lag! Nogsteeds toothless maar Ruthless! Terwyl ek resies jaag in Delmas is mamma en pappa na die Top Gear motorshow toe en geniet hul dit baie. Hulle sien die Red bull F1 kar en ‘n klomp cool karre goed! Volgende keer gaan ek saam pappa, hoor!

Dankie vir die lekker kuier Ouma en Oupa en skies ek so rof geslaap het… Ouma se ek draai net my dummy die heeltyd in die rondte en moun nogal in my slaap.

Toemaar ek groei nog en sal ek een van die dae ‘n grootseun wees wat die heel aand slapies

Baie lief vir Ouma en Oupa Delmas hoor!