My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: April 2011

Paasnaweek

Hi Julle,

Ek hoop julle sien uit na Paasfees. Ons gaan vir al die familie kuier – Tannie Anita en Oom Raymond in Ermelo, dan die Bogaards in Middelburg, en dan die Van Heerdens in Delmas. Ek hoop hierdie naweek is lank genoeg…

My skooltjie het vandag vroeg toegemaak, so Pappa moes my kom haal. Ek het saam met hom sommer na sy suppliers toe gegaan en cool goed van rekenaars geleer. Ek was toe saam hom kantoor toe waar ek sommer alles wou oorvat…

Mamma hulle se ons gaan vroeg more oggend ry, omdat daar ‘n “warrant of arrest” vir Pappa is vir ‘n spoedkaartjie wat hy gekry het – maar wat al lankal betaal is. Sal maar sien of die speedcops so vroeg soos ek opstaan oor Paasnaweek.

Soet wees, en gaan vang ‘n haas… Wat eiers lê? (Hoe op aarde maak dit ooit sin???)

Franco word 8 maande!

Ek is vandag 8 maande oud julle! Jipee, ek goed oppad om ‘n grootseun te word.
Mamma en Pappa so trots op my en gaan hul nou gou bietjie met my spog.
– Ek het klaar 2 tande
– Ek kan al kruip
– Ek slaap alleen in my eie kamer die hele aand deur.
– Ek maak my laaikas se laaitjie met my speelgoed self oop en haal die blokkies uit.
– Ek eet lekker biltongetjies wat my pappa vir my koop, en al my groente wat mamma vir my gee.
– Ek kan self opstaan teen goed, soos my staanring by die huis, banke en teen my blou stootwaentjie. (Sien die fotos van T Janina se birthday)
– As ek in my staanring is en pappa se beep beep, dan druk ek vanself die toetertjie! 😉
– Vanoggend was ons in die badkamer en het ek al my bad speelgoed gesien. Mamma het vir my die perdjie aangegee, maar ek wou hom nie vat, toe gee sy die hoendertjie, en weer wil ek hom nie vat. Maar ek staar na my blou bad eendjie en uiteindelik toe mamma dit sien en vir my gee, is ek so opgewonde, ek op sommer op en af en lag kliphard!
– En die beste van alles is dat ek vanoggend by my skooltjie vir pappa tata gewaai het!
Mamma en Pappa baie lief vir my en sooo trots op my. Ek nog steeds hul grootseun cutie pie!

Oom Jaco die dam duiker…

Ons lekker in die sonnetjie saam oom Jaco gaan kuier vandag. Dit was by ‘n dam naby Meyerton en het Oom Jaco saam twee mooi tannies geduik… in die dam…;-)

Ons het op die wal gewag en sommer lekker in die son gekuier. Ek het ‘n biltongetjie geeet en Oom Jaco se gear gaan inspect.

O ja, Go sharkies!

Lekker party saam t Janina

Hi Jul, Al mamma en pappa se maatjies word 30 hierdie jaar en ons het gisteraand saam T Janina gaan jol.

Sy het ‘n lekker beach party in Hawai gehad en als was vreeslik kleurvol.
Almal was vreeslik vriendelik en het ons sommer baie lekker gekuier.

Die groot staal voël

My Pa laat my worry! Hy het my vertel ek gaan in ‘n groot voël se oor inklim! Plaas sê hy net ons gaan vlieg! Ons is bietjie Kaap toe vir my oupa grootjie se 80’ste verjaarsdag. Dit was nou nogal ‘n mission. Soveel tasse, en sakke. Ons het eers trein gery lughawe toe, en toe sommer Kaapstad toe gevlieg. Dit was lekker want daar was ‘n klomp vriendelike mense op die vliegtuig wat almal net met my wou praat en speel. Ek het sommer niks geslaap nie.

Die Kaap was vandag lekker, net bietjie winderig. Ek kuier lekker saam al my ander niggies en nefies en ooms en tannies. Ons gaan nou braai en dan lekker eet.

(O ja, my eerste tand is amptelik uit, en nog ‘n klomp is al in die kaste)