My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: May 2011

Chil tyd saam Pappa

Dit winter hier in Gauteng julle. Ek hou baie daarvan want dan kan ek lekker slapies sonder om warm te kry.

Maar ooooo toggie, ek sukkel so om wakker te word! My hartjie slaap nog so half uurtjie nadat my ogies al oopgegaan het. Ek ek moun natuurlik ook… sommer net.

Kyk hoe uitgepasss sit ek by my pappa vanmiddag na my middag slapie. My hartjie slapies nog, maar my ogies al oop.

Ok, dankie Ouma brille en Oupa Antonie my kom kuier het vanmiddag, ek lief vir julle hoor!

Franco / Francesco…

Ek weet nie of ek Afrikaans / Hollands of Italiaans is nie…

Mamma en Pappa het vanaand vir my Macaroni gegee. Dit was damn lekker. Ek het sommer `n klomp daarvan geeet.

Miskien sal ek eendag Italie to gaan…

Dankie Ouma Fanny so mooi na my kyk.

Ouma Fanny dankie jy so awesome ouma is. ek was siek en het oupa hier in joburg kom werk laas week, sodat ouma mooi na my kan kyk.

baie lief vir Oumi.

dankie

Ons verkoop ons huisie!

Mamma en pappa het nou net ons huisie verkoop. Jipee! Nou kan ons begin om na die nuwe huisie te trek.

By my nuwe huisie is daar plek om te hardloop en met ‘n fietsie te ry. Jipee Ek kan nie wag nie!

Kyk bietjie hoe mooi groot het ek geword. Die blou klere was op Moedersdag. My mamma se eerste moedersdag was baie lekker vir haar. Ek wou ‘n kaartjie vir haar teken maar pappa het gesien die pen gaan meer mond toe as op die papier. Miskien volgende jaar Mamma. Miskien vir Vadersdag…

Mamma en pappa baie lief vir my.

Oorslaap in Delmas

Ek het alweer by my Ouma Fanny gaan slapies alleen. Mamma en pappa moes werk, en my skooltjie is toe. Dit koud in Delmas, maar Ouma Fanny kyk mooi na my. Oupa Antonie kom ook vroeg huis toe om met my te speel. Ek staan net die heeltyd reggop teen alles en lag kliphard vir Lola my Ouma se papegaai! Ek het my stemmetjie ontdek en praat dat almal se ore tuit!

Mamma en pappa praat ook die heeltyd van die groot huis wat hul nouu vir ons wil koop en kan ek nie wag nie. Pappa wil ook vir my ‘n woefie koop, want ek baie lief vir diere. Maar dink pappa se hartjie te klein en gaan hy daar by die huis aankom met 3 woefies… Dink my pappa nog liewer vir diere as ek.

Dankie vir my klere Oupa Antonie, ook vir Ouma Cielie vir laas naweek s’n en T Anita vir my cool windbraker.

Ek baie lief vir julle!

Lang naweek in koue Ermelo en Middelburg

Hi julle, my skooltjie is mos toe en is daar so baie langnaweke die afgelope tyd gewees. Ons het gaan kuier by my mooi T Anita in Ermelo. Sjoe maar dit was lekker, ek baie lief vir haar hondjies en het mamma en pappa so baie lekker kos geeet! Wow!

Pappa se ons kan maar weer in die somer gaan kuier, dit te vrek koud in Ermelo.

Ons was toe ook na Ouma Cielie toe. Sy het haar sitkamer mooi gemaak en Oupa Kallie het ‘n lekker braai area gebou. Ek kruip ook orals self en staan lekker teen alles op. Klein Gizelle was ook daar en het ons lekker saamgekuier.
Zorro is nogsteeds my favourite woefie, hy staan stil dat ek hom drukkies kan gee en als.

Baie lief vir julle almal hoor. Dankie vir die lekker kuier!