My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: June 2011

Daar is ‘n eerste keer vir alles

Hi Julle,

Vanaand is die eerste keer wat ek in mamma se arms in die slaap geraak het!

Ek het so lekker vandag gespeel, en was so vriendelik, dat sy gedink het ek wil sommer net by haar kom sit. Toe sy weer kyk, is ek vas aan die slaap. Ek het so lekker geslaap dat pappa sommer my antibiotika vir my gegee het sonder dat ek wakker word.

Julle moet lekker slaap, ek is nou uit

Koue in Harrismith II

Sien, julle het gedink ek spot. Hierdie is ‘n kraan wat gedrup het. Die freaken kraan het gevries!

Ek is moeg vir koue

Ek bedoel – die koue maak my moeg. Ek bedoel – ek slaap soos ‘n klip as dit koud is.

Mamma en Pappa besluit mos om op die koudste naweek in die jaar Harrismit toe te gaan. Wat het hulle gedink?

Hulle het vriende gaan kuier, so natuurlik moet ek maar saamkom. As hulle my in die bed sit, slaap ek sommer dadelik, en sommer vir lang stukke. Ek word skaars wakker om te drink.
Pappa sê dis ‘n huis vol Pregnant Fairies – ek weet nie wat hy bedoel nie, ek het geen feëtjies gesien nie.

Mamma het vir my verduidelik dat sy en tannie Katherine en tannie Theana almal babatjies in hulle magies het. Dit maak nog minder sin as pappa se idee van feëtjies. Ek verstaan nie die klomp grootmense nie!

Dankie aan tannie Theana en oom Benno dat ons julle huis kon oorvat, en aan tannie Katherine en oom Zane vir die lekker kuier.

Franco op Fast Forward

Ek is super vinning vandag… Met alles wat ek doen. Amper asof ek ge-fast forward word. Ek is die hele huis vol – van my kamer na die kombuis en dan sitkamer toe. En sienende dat ons gaan trek, speel ek met al die lëe bokse. Dis nogal lekker!!!

Ek moet nou seker net af-wen dat ek kan gaan slaap. 😉

My Eerste Woorde

Julle, my eerste babbel wat nie net meer ‘n babbel is nie, is baba en pappa. So nou en dan probeer ek mamma ook se…

Mamma en Pappa is so trots op my!

Ouboet Franco

Oh my goodness julle!

Jip dis die waarheid, ek jok nie. Ek gaan ‘n ouboet word…
Mamma vandag uitgevind daar is nog ‘n babes oppad…

Mamma dink so middel einde Januarie gaan ek ‘n maatjie kry. ‘n klein sussie of boetie. Ek hoop dit is ‘n boetie dan kan ons mekaar rol, want ek speel deesdae lekker rof hoor! Ek mos nou ‘n groot seun.

Ek het uitgewerk ons gaan 18 maande uitmekaar wees. Sjoe, ons gaan lekker jol!
Daar is niks tyd vir rustig wees vir mamma en pappa nie hoor.

Awesome nuus julle !

Mamma en pappa se hulle is nogsteed en sal altyd vir my BAIE BAIE BAIE lief wees. Want ek is die mooiste seuntjie en hulle eie spesiale patattie.