My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: July 2011

Franco kry nog ‘n tand

Yip, so loop hy maar…

Ek het nou my derde tand. In teen deel, my derde tand is al amper ‘n week lank uit. Maar weet julle hoe min slaap ek as ek tande kry? Bitter min. En dan hou ek sommer maar vir pappa en mamma ook wakker. Hoekom? Net omdat ek kan!

Klaasvakie 1, Franco 0

Jip, Franco het verloor. Nie dat tweede plek ‘n slegte ding is nie.

Franco het so 19:00 gaan slaap, en het eers 6:00 wakker geword. Kan ek julle help met die wiskunde? Dit is 11 ure! Mamma en pappa voel soos nuwe mense.

Dankie Klaasvakie, sien jou vanaand weer. Bring nog van daai “industrial strength” sandjies.

Franco gaan beertjie klassie toe

Vandag was Franco se eerste dag in die Beertjie klassie. Saam al die groot maatjies wat al kan loop. Ja, ek speel nou die heeldag saam al die groot maatjies en ons ry op fietsies, loop met loopringe, klim en klouter en speel sommer baie buite.
Ek slapies ook nie meer in die kot nie, en slaap nou op die grond. Daai juffrou het baie guts, want ek slaap nie maklik nie hoor, en dink net op die grond kan ek sommer vinnig weg kruip.
Juffrou Natasha en assistent Caroline het vandag vir mamma gese dit het bietjie tough gegaan met die routine saam. Maar wat verwag hulle, hul wil he ek moet van 12h00 tot 14h00 slaap in die middag. My goodness. Mamma dink die juffrou sal excellent wees as hul dit kan regkry. Ons sal maar sien. Maar eers gaan ek bietjie fight hoor.

Sien uit na die volgende paar maande in die beertjie klassie.

Franco speel soos ‘n groot seun

Kyk bietjie hoe kan Franco speel. Hy vat die huis op horings, en is defenitief die king van sy castle.

Franco help ook pappa pak, vir die nuwe huis, maar hul speel meer as wat daar gepak word.

Die geel speelding, is Franco se leer loper, hy loop mooi met die lopertjie. Sommer een van die dae loop Franco self.

Gisteraand was Franco so moeg hy het sommer op mamma se skoot aan die slaap geraak. Sjoe mamma en pappa kon dit nie glo nie. Altyd moet mens spook om Franco aan die slaap te kry. Defenitief een van die hoogtepunte in mamma wees so ver. Daar is niks lekkerder as ‘n cuddle baba wat by sy mamma kom doeks nie.

Mamma en pappa baie lief vir jou hoor Franco. Jy ons cutiepietjie.