My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: August 2011

Huiskoop in JHB – Deel II

Wel Julle, Pappa en Mamma is al amper grys… Hulle het nou al soveel kontak persone by die City of Joburg, dis nie eers meer snaaks nie. Hulle het vandag baie goeie nuus gekry: We have resolved the problem, should have figures ready before close of business tomorrow.

Dit beteken dat die prokureers hopelik teen Vrydag die papierwerk kan Pretoria toe stuur. Dan hoef ons nog net so 2 weke te wag voordat ons kan trek!

YIPEE

Franco kry ‘n…

Sussie!

Jip, Franco gaan ouboet wees vir ‘n sussie. Die dokter het dit vandag bevestig

Huis koop is nie vir sissies nie

Mense, moet nooit `n huis in JHB probeer koop nie. Daar is hopeloos te veel admin, veral as die City of Joburg vol strooi en useless is. Mamma kan nie met enige government afdelings werk nie – sy raak heeltemal mal, en gaan sommer aan die bewe. Ek dink sy sal mense kan aanrad… So sy gaan nooit alleen lisensie afdeling toe nie, en sy deal nie met die City of Joburg nie. Dis Pappa se werk. Nou hier volg die storie:

Pappa en Mamma het al in Mei die kontrak geteken om vir ons `n nuwe huis te koop. Hulle het toe sommer gou-gou ook by die prokureers al die ander papierwerk gaan teken. Op 23 Junie het die koper van ons huis haar papiere getken, en die dag daarna het die verkoper van ons nuwe huis ook die papierwerk geteken. Tot daar het alles nog (redelik) goed veloop.

En toe, Toe kom die wiele af… Want die City of Joburg het betrokke geraak. Hulle moet die Rates Clearance Certificate vir prokureer gee wat bewys dat Pappa en Mamma elke maand betaal vir die erf en vullis en, en, en.

Eers kan die CoJ nie ons huis se kompleks kry nie. Toe kry hulle ons kompleks, maar nie ons huis binne in die kompleks nie. Toe kry hulle die huis, maar sweer hoog en laag dat ons nog nooit vir vullis verwydering betaal het nie. Toe besluit Pappa om maar die CoJ te bel, want dit lyk vir hom asof die prokureer nie hard genoeg probeer nie. En imagine hoeveel tyd dit mors, want die bode gaan in die oggend op sy rondtes, en kom eers laat die middag terug. So dan email die prokureer eers vir Pappa, en dan miskien so paar dae later kan die bode weer terug gaan na die CoJ toe. – Maar wag, terug na die storie…

CoJ antwoord die eerste nie eers Pappa se oproep nie, en toe hulle uiteindelik die tweede keer antwoord, toe se hulle dat Pappa moet inkom kantore toe. So toe gaan Pappa maar (die 27 Julie) na hulle toe. Hulle kon nie die RCC gee nie, want `n jaar terug het Mamma `n ander rekening van hulle af gekry. Ook vir ons huis, maar net 1 vierkante meter. Weet julle hoe klein is dit? Pappa het `n call gelog by hulle om dit reg te stel, en dis is nooit gedoen nie. So omdat daar `n oop query is, mag hulle nie die RCC doen nie.

CoJ het toe ook agter gekom dat ons Komplek oor twee erwe gebou is, so dit hoekom daar duplikasie is, en hoekom dit so moeilik is om ons huidige huisie te kry op hulle stelsels. Maar nou ja, dit is toe uiteindelik uitgesorteer. Maar dan moet jy eers weer wag vir die een stelsel om die ander stel te update, en dan moet jy wag die bode, en wie weet vir wie nog.

Op my verjaarsdag (11 Augustus) is al die kopsere toe reggemaak, en is die aansoek vir die RCC weer ingegee. JIPEE!

Toe nie.

Die CoJ strike omdat hulle meer geld soek. So na dit alles kan ons nog steeds nie die RCC kry nie. As die staking eendag verby is, kan hulle hopelik die werk gedoen kry. Dan kan die prokureer weer betrokke raak, en dan eventually die papierwerk na die Deeds Office stuur.

Kan julle dink hoe lank dit gaan vat? Volgens almal nog 12 dae. So dit lyk asof ons dalk in die middel van September kan trek. Net so 4 maande nadat die hele proses begin het.

En dan wonder julle hoekom brand mense regerings kantore af… 😉

Eish, Daai Golf

Ja nee, mamma en haar pregnancy hormones gaan iemand se nek breek…

So paar weke terug het die deur waar ek sit se handvatsel afgebreek (pappa is te sterk vir karre…). Hy het die kar VW toe gevat, en hulle het alles reggemaak, en vir pappa verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.

Wel raai wat: vandag toe mamma my in die kar sit, toe breek sy weer die handvatsel af.

Sy is nou so die hel in, sy het sommer vir pappa gese dat hy die Golf moet vat van more af, sy sal met die Hyundai ry.

Ek dink die mense by VW kan bly wees dat sy my huis toe moet vat, en nie nou na hulle toe kan gaan nie. Maar dit maak nie saak as sy kwaai is nie, ek is nog steeds lief vir haar, want sy is my mamma!

Franco Word Een!

Ja, daar is net een Franco, maar die een is nou 1 jaar oud!

Ek het sommer vandag vir my maatjies by die skool cupcakes gevat. Ons het vrek lekker geeet en sommer lekker gespeel. Mamma en pappa het vir my boekies gekoop en my oumas het bou-blokkies en nog boekies gekoop. Ek dink ek is die gelukkigste klein Franco!

Ek speel met Bubbles

Kyk hoe lekker speel ek met seep bubbles.

Dis die beste goed ooit. En ek hou nie daarvan as mense probeer steel-fotos van my neem nie…