My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: October 2011

It’s one small step for man…

And plenty of little steps for me… Ja, ek het gister my eerste paar tree gegee! Maar vandag wil ek niks weet van alleen loop nie. Mamma en Pappa kan maar op hulle koppe staan…

Ek het sommer in Middelburg by oom Jaco en Ouma Cielie geloop. Ons was daar omdat ons vir arme Ubu vir ouma moes vat. Die tannie wat langs ons bly hou nie so baie van woefies soos ek nie. Sy sê Ubu lawaai te veel deur die dag. Ek dink sy is sommer maar net vol nonsens.

Ons het ook so baie lekker saam tannie Marany en haar man (oom Bevan – ‘n regte Kiwi), en tannie Eloise en oom Hein by die Leeu en Renoster park gaan kuier. Dit was baie cool! Daar is so baie wilde diere, en die leeus brul sommer klip hard die hele aand lank!

Ek wil weer terug gaan soontoe. Sal later wil julle fotos opsit. 😉

Soet wees en lekker aand vir almal.

My nuwe maatjie – Ubu

Oom Jaco het vir my ‘n persentjie gekoop omdat ons in ‘n nuwe huis is wat ‘n tuin het. Die woefie se naam is Ubu, en ons twee is ewe oud en ewe besig. Ons maak mamma en pappa se senuwees klaar… Pappa dink Ubu het my vanoggend by die trappe afgestamp (of hy het ten minste gemaak dat ek my balans verloor). Mamma en pappa het groot geskrik, maar ek is OK. Ek weet nie hoekom groot mense so gou skrik nie nie. 😉

Ek kan staan!

Ja julle, dit begin nou gebeur! Ek begin nou alleen staan! Ek het gister aand by Tannie Monique se partytjie amper ‘n minuut lank gestaan sonder dat iemand my gehelp het. Mamma se dis omdat ek ‘n ander seuntjie is vandat ons getrek het. Ek weet nie wat sy bedoel nie – ek is nog steeds die Franco Cutie…

Franco kry…

‘n blok kaas in die winkel.

Ja nee kyk, moenie ‘n blok kaas langs my in die trollie sit, en verwag dt gaan heel by die kasier uitkom nie…

Shame, sy het gedink daar is ‘n muis in die winkel. Min weet sy – Franco is die Muis!