My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: November 2011

Die stilte is verby

Watse Stilte? Die lang stilte vandat ek die laaste keer hier was… En die algemene stilte. Dit net omdat ek nog tande gekry het. Liewe ouers; hoeveel van die wit goet het jy nou eintlik nodig? En dan vertel Mamma vir my dat al hierdie nog gaan uitval, en dat ek dan weer ander moet kry. Iemand gaan betaal daarvoor…

En dan nog bo-op dit, het ek weer sinus infeksie, en het ek nog n stel in-entings gekry. So, soos julle kan sien, is daar geen tyd vir stilte nie…

Mamma en Pappa het bietjie oor my gestress. My koor was so 38.5, vir amper 2 dae. En Calpol help ook net `n bietjie; vir n kort rukkie. Gelukkig het die dokter sommer maar “industrial strength” medisyne voorgeskryf. Dit slaan my uit in so 5 minute. 😉

Nou ja, laat ek verder aangaan met die hele tande-kry-storie. Lekker aand vir julle verder.