My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: December 2011

‘n Boer maak ‘n plan

En ek is mos ‘n Boer Seun…

Die opset:
Ons is in Delmas by ouma en oupa omdat pappa vandag gou in Witbank moes werk

Die probleem:
Ek het ‘n speelgoed geweer wat spons koeëls skiet. Een van die koeëls het onder die bank ingevlieg, en pappa wou my nie help – hy was besig om aandete te eet

Die oplossing:
Ek kan uitwerk dat ek een of ander tool moet kry want my vingertjies is te kort. So dis heel maklik – ek steel die vark-tjoppie se vet randjie wat oupa nie geëet het nie. Dis lekker lank, en dun genoeg om onder die bank in te pas.

Pappa sê ek lyk soos ‘n bobbejaan wat termiete uit ‘n nes vang.

Dit alles net so voor 2012 – voorspoed vir almal! Mag dit ‘n great jaar wees!

Leon Schuster is nie slaap musiek nie

Hier kom `n storie.

Een dag, lank, lank gelede…

Nee Rubbish. Dit het vandag gebeur. 😉

Ek luister elke aand na my slaap musiek op pappa se iPod. Elke aand is dit dieselfde liedjies. Die ander mense luister min of meer niks anders op die iPod nie…

Ek speel ook elke dag met die iPod – ek weet hoe om die iPod te unlock, en hoe om al die programme gelyk oop te maak. Ek weet net nie noodwendig wat doen al die programme nie, so pappa en mamma laat my maar speel.

Ek het vandag die musiek knoppie gekry, en sommer maar net `n random album gekies – dit was toevallig Ons Sing Jou Taal, en die liedjie was Hie Kommie Bokke. (pappa se dit het iets met `n Rugby Wereld Beker te doen, maar ek was toe nog te klein om te verstaan…) Oom Leon Schuster sing die funny-ste liedjies, ek hou van hom. Ek het sommer vandag gelag en hande geklap, want dit is `n lekker vrolike liedjie.

Pappa het die iPod van my weggevat toe ons buite gaan speel het – hy is seker bang Ubu eet dit op soos mamma se skoene – maar hy het nooit die musiek terug verander na my liedjies toe nie.

Nou dat julle al die feite het, kan ek die storie vertel, en ek gaan hard probeer om die prentjie met woorde te teken…

Dis 6 uur, en ons het klaar met Ubu buite gespeel. Hy is na so huisie toe, en ek is in die bad. Pappa het die iPod terug in my kamer, sodat mamma nie na hom hoef te soek as sy my aan die slaap maak nie. Ons is toe weer af sitkamer toe, en was my vrolike borrelende self. Mamma noem my haar Cutie Pie. Ek is nie seker hoekom nie, niemand het my nog ooit geeet nie… So teen 7:30 het mamma my opgevat kamer toe, met `n bottel water vir `n melkie.

Nou dinge gebeur redelik vinnig as ek moet gaan slaap. Pappa meng my melkpoeier met die water, en gee vir my my melkie. Mamma verdwyn (sy se sy poeier haar neus, maar sy kom altyd terug met slaapklere aan…), en dan sit sy gewoonlik my musiek aan.

Pappa is weer ondertoe, want mamma het die situasie onder beheer, en hy moes nog `n bietjie werk doen. Die eerste twee liedjies was my gewone slaap musiek, maar toe…

Toe sing oom Leon weer vir my, en ek spring soos `n Jack-in-the-box regop op die bed, en klap saam hande! (Het ek al gese dis `n great liedjie…) Mamma lag so hard, dat pappa haar onder in die studeer kamer hoor. Sy het nooit kans gehad om my slaap cd te kies nie, toe kies sy sommer maar net die laaste 25 liedjies wat gespeel het. Hoe moes sy nou weet ek het vandag my eie musiek gekies…

Mamma reken dis die snaakste ding wat ek nog ooit gedoen het.

Ek reken net een ding, en dit is – BOING!

What happens in Vegas ->

Stays in Vegas. What happens in Joburg, gets shared with the world!

Ek kon Italiaans gewees het – ek is mal oor Pasta, kaas, en tamaties. Kyk hoe mooi lyk my hempie toe ek middag ete gehad het (Ja daar was tamaties in)

Pappa reken toe maar dis veiliger om sommer maar net my hemp uit te trek, sienende dat dit vrek warm was in Johannesburg vandag.

Dis hoe ek lyk as ek op die rekenaar werk. Ek dink ek sal eendag sommer maklik pappa se werk kan doen.

Picasso

Of nie…

Dis wat gebeur as pappa nie die hele tyd vir my kyk nie. En met “die hele tyd” bedoel ek elke liewe oomblik. Dit vat my so 30 sekondes om so kunswerk te maak…

Ubu is terug

En die buurvrou moet nou maar net gewoond raak daaraan…

Ons moes hom gaan haal het in Middelburg want ouma Cielie se nuwe huis is klaar gebou, en hulle is af soontoe vir die lang naweek. En oom Jaco is in Mozambiek – hy het weer gaan duik – so sy twee Foksies op Steriods is ook by ouma Cielie se huis.

Sy het vir pappa gebel, en gese sy is bang Duke en Zorro gryp elkeen `n oor, en dan is Ubu oorloos…

Hy is nou al heelwat grooter as laas keer, maar hou nog steeds daarvan om op die swembad se net te le – Pappa se hy gaan deurval. As enige iemand weet hoe om `n swembad uit te haal, kan julle ons maar laat weet…

Pappa en die Internet

Hi Almal,

hier is so paar fotos wat my Pappa van my op die internet gemaak het.

Hy reken dis een van die coolste websites ooit…

.

Franco + Tande = 38.5

Ja, dis hoe my temperatuur op skiet as ek tande kry. En dan slaap Pappa en Mamma nie veel nie – want hulle kyk gereeld of ek darem nog nie aan die brand is nis…

As julle gedink het dit is tough om voortande te kry, moet julle maar eerder nie kiestande kry nie. Sjoe, dis seer!

Gelukkig gebeur dit net so elke en nou en dan dat ek tande kry. Hopelik is die volgende stel makliker, maar ek hou nou nie juis my asem op nie.

Ek hoop daai tande muis bring eendag vir my baie geld as ek hierdie baba tandjies ruil vir regte groot-mens tande!