My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: January 2012

GRRR!

Ek is `n Leeu.

Of dit is wat my juffrou my probeer maak het… Ons gesiggies is vandag by die skooltjie geverf – gelukkig net met gewone waterverf, anders sou ek BAIE lank moes bad.

Kyk hoe cute lyk ek! Pappa het my sommer nie eers herken toe hy my moes kom haal het vanmidddag nie…

Umm… Wat is daai pienk ding daar?

Pappa en Mamma se dis “Sussa”, maar ek weet nie so mooi nie. Sy lyk soos ‘n opgerolde pienk wurm…

Ja, my klein sussie is gister gebore. Sy weeg baie minder as ek, pappa se dis omdat ek al my pap opeet. Dit was lekker, want Oupa Antonie het my sommer by die skooltjie kom haal in die middae terwyl pappa by die hospitaal was.

Ek mis nou net vir mamma en wil hê sy moet huis toe kom. Ons gaan kuier darem elke middag vir haar – dis lekker. Ek kan in die hospitaal se gange af loop solank as wat ek nie lawaai en die ander babatjies wakker maak nie.

En ek sal maar geduldig wees met hierdie “sussa” mens – miskien kan ek haar maatjies eendag date… Watch this space. 😉

Terug hok toe

Ja nee. So kom alle goeie dinge tot ‘n einde. My vakansie is klaar, en ek is vandag terug skool toe.

Ons is net 4 maatjies wat na die groter klassie toe oorgeskuif. Die juffrou sê die ander sal deur die jaar oorkom. Ek sal maar vir hulle wag.

Mamma en Pappa het my sommer saam vanoggend kom aflaai, en Mamma het nie eers gehuil nie. Ek kan dit amper nie glo nie. Ek dink sy het eers in die kar ‘n traantjie gepik voordat sy werk toe is…

Sal julle later vertel wat ek alles vandag gedoen het by die skool