Monthly Archives: March 2012
Al mymaatjies
Ek is seker die gelukkigste laaitie in die skool (of die ongrlukkigste). Daar is net 5 van ons in my klassie, en ek is dieenigste haantjie onder die klomp henne…
En ek ken al my maatjies se name (en kan hulle op my eie manier uitspreek – julle grootmense moet maarnwt mooi luister). Daar is Lieschen, Layla, Carla en Johanè
Hulle is almal blonde-koppies, so gelukkige ek…. Dit sal darem maar lekker wees as ek ‘n seuntjie maatjie ook kry – party keer word die “girl talk” net te veel. 😉
Terug by die huis
Ek is terug by die huis na ‘n aand in die Hospitaal…
Die verloop van sake was min of meer: griep inspuiting veroorsaak ‘n loop neus, die loop neus word nie beter nie, bakterië broei in die slym, bakterië vorder tot in my bloed en jaag my koors op tot 39…
Êrens tussen dit alles kry Pappa en Mamma flash-backs na sussa se week in die hospitaal, en besluit om my sommer maar ongevalle toe te vat Sondag. Hulle het bloed getrek, my pille gegee, x-strale geneem, en my toe sommer laat opneem
Arme pappa moes toe maar oorslaap, want mamma en sussa mag nie in die saal vir siekes nie…
Gelukkig kon ek vandag huis toe gaan met ‘n lys medisyne wat ek net moet drink
En toe….
Ek is mos ‘n seuntjie wat nie kan stilsit nie… Toe val ek vooroor op ons stoep. Pappa sê ek het een van die teëls gekraak met my neus. Ek sal maar more moet gaan kyk. 😉
Go Oom Jaco!
Baie geluk oom Jaco en tannie Thea! Hulle het verloof geraak! Blykbaar al die 10e van laas maand, maar hulle het ons eers vandag na Ouma Cielie se troue gesê
Tannie Thea het baie opgewonde gelyk. Ek verstaan nie altyd die grootmense se dinge nie, maar Mamma sê hulle is nou gekys
Jipee Oom Jaco, ons is almal baie bly vir julle!