My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: April 2012

Skape tel op ‘n ander vlak

Liewe ouers! Weet julle hoeveel is 798? Dis hoeveel skape ek getel het. En dit was nie sodat ek aan die slaap moes raak nie. Dit was by Tannie Thea se plaas. En ek weet nou hoekom almal sê “safty in numbers”. Ek was sommer bang vir die klomp gras-vreters. Dit was hel-baie skape.

En dan het hulle nog beeste, varke, groot lande, en 7 fox-terriers, en ‘n basset. Jip, dis waar Ubu nou is. Net, sy naam het verander – van Ubu na Droopy. Hy lyk sommer baie gelukkig – dankie dat Tannie Thea hom so lekker bederf.

O ja! Daar is ook sommer ‘n regte groente tuin waar ek sommer net tamaties direk van die plante kan afpluk en eet – sommer soos ‘n appel!

Dit was sommer ‘n great dag – dankie almal!