My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: May 2012

Kinders is sponsies…

Maar net as ons wil wees 😉

Ek weier byvoorbeeld volstrek om dankie te sê (ek probeer asseblief sê – partykeer), maar vandag toe mamma weerlig (se sterker weergawe) sê, toe herhaal ek dit dadelik! Mamma en ouma wou ‘n oorval kry…

Ek doen ook nou al heelwat beter met my twee-woord sinne – “oppas suusa” is steeds my gunsteling, maar “mooooove mamma” is naby in tweede.

Ek drink ook nie meer my dummy in die aande nie, ek is ‘n groot seuntjie!

En, lank gelede, toe ek gebore was, het Tannie Rose vir my ‘n Teddy gekoop! Teddy doedoe saam my deesdae want Teddy is bang vir die donker. Maar ek gee nie om nie, want dan hou Teddy my weg van die koue muur af. Dankie Teddy, ek lief jou baie!