My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: December 2012

Wild vs Mak

Mamma en Pappa reken ek gaan eendag wilde diere soos koedoes en wildebeeste beter ken as beeste en skape. En dit net omdat ek so lief is vir Marloth. Dankie ouma Cielie en oupa Kallie vir die kuier. Ons het dit baie geniet!

Hier is so baie diere

Ek en pappa het sommer vanoggend vir ‘n koedoe ‘n broodjie gegee! En nou nou toe ons gaan rondry het, het ons ‘n volstruis, koedoe, wilde beeste en kameelperde gesien

Shoe, dit was so mooi!

Marloth hier kom ons!

Jipee julle, ons is in Marloth. Dis net vrek wam!

Ons moes deur ‘n berg ry om hier uit te kom – mamma sê dis ‘n tonnel. Dit was cool. Alles word so donker, en dan weer lig!

Oom Willem het vir my en sussa altwee opblaas tjoopies gekoop om mee te swem – dit wk great! Ons is mal daaroor.

Pappa sê ons gaan môre sommer weer baie diere soek. Hulle het wildebeeste, zebras, kudu’s en waterbokke en seekoeie gesien! Môre soek ek vir Oom Olifant!