My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: March 2013

Ons het dit gemaak!

Ja nee – ons is by die see.

En die see is soooooo groot!

Ek en pappa het geswem, en dit was baie lekker, totdat pappa die een groot golf mis gekyk het, toe slaan hy my vol in die gesig!

Ons gaan more bietjie Ushaka toe, mamma sê daar is baie vissies!

6 Slapies

Dan gaan ons bietjie see toe. Mamma sê die see is groooot! Ek is nie bang nie, ek is ook groot!

Ek sien baie uit daarna, ek tel die slapies.