My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: November 2013

Mangels is vrek seer

image

image

Jip, dis daai tyd van my lewe. Ek het so ruk terug mangel onsteking gehad, en die ONK spesialis het gereken dis tyd om hulle uit te haal

Ons was gister oggend so vroeg by die hospitaal en is so 7:30 af na die teater toe. Ek moes asem haal deur ‘n masker, en die laaste wat ek kan onthou.

En toe kom die pyn! Liewe ouers. Dit is seer. En ek mag nie huis toe gaan voor ek iets sluk nie, en dit is te seer om iets te drink. So hoe moet ek nou maak?

Pappa het uiteindelik so 3 ure later ‘n spuit gevat en koeldrank in my mond in gespuit. Die verpleegster was baie bly dat ek nie opgegooi het  nie, en toe kon ons huis toe kom.

Mamma het vandag die heel dag by my gebly, klink my sy gaan die hele week hier bly. Dankie Mamma

Nou ja, dis nou weer tyd vir nog medisyne uit my privaat apteek, en dan is dit slaaptyd sodat my lyfie kan gesond word

Polisie drink koffie

image

Hi Julle,

Ons het die coolste ding ooit gesien. Daar het ‘n polisie helikopter in die parkeer terein geland waar ons in die Pick n Pay was

Dit was awesome! Pappa het my en Sus gevat om te gaan kyk

Daar was twee Polisie manne wat by ‘n koffie winkel gesot het. Ons dink hulle was seker maar net bietjie dors gewees, en toe het hulle gaan ietsie kry vir die keel