Monthly Archives: February 2014
Skaap 1, Franco 0
Ja nee kyk. Mak skape is toe nie heeltemal so mak soos ek gedink het nie. Ons was bietjie op vakansie, en ek wou net die skaap se kop vryf, toe raak die ding sommer laf en stamp my met sy kop op my bors! Pappa sê dit het soos ‘n cartoon gelyk soos ek deur die lug vlieg!
En natuurlik os daar net doringbome in dir bosveld, so mamma moes gereeld dorings uithaal. Ek is so groot, ek voel nie eers iets as mamma in my voet grou nie. Pappa reken ek het sole van leer…
En die beste ding is, daar was nie eers chocolate melkies nie, so elke keer as ons kafee toe was, het ek sommer ‘n 500ml melkie gekoop en hom heeltemal opgedrink. Dit was lekker!
Dankie vir die vakansie Mamma en Pappa
Dis ‘n muis
‘N donkie stamp net een keer sy kop
Maar Mamma en Sarah leer nie
Ek moes weer gisteraand deur die venster klim. Vir. Presies. Dieselfde. Rede. As. Laas. Keer.
Asb tog julle girls, leer tog nou…