My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Monthly Archives: April 2014

My Legos

image

Of eintlik Mamma se Legos…

Maar ek speel darem maar soooo lekler daarmee.  My karretjie is nou by die garage – hulle gooi olie in die engin, en hulle maak die petrol vol

Julle is stout vir my

En ek soek ‘n ander Pappa en Mamma…

Dis wat ek kweit raak as ek 2 ure oor my slaaptyd is, siek voel, en medisyne in het wat mens lomerig maak.

Dan is ek moeilik,  en as pappa my raps omdat ek my hoed as ‘n skoen gebruik, en mamma raps my want ek verloor my humeur met my pappa, dan kom die wiele af…

Pappa en mamma reken my brein short-circuit. As hulle dink dit lyk so van buite af, moet hulle net dink hoe lyk dit van binne af.

Maar daar is nie veel wat ‘n uur lange slaap (al is dit in ‘n kar) nie kan reg maak nie.

Dankie mamma en pappa, ek is nog eintlik lief vir julle.