My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Ek bloei!

Aaaaahhh! Ek bloei julle! My duimpie is vol bloed en mamma se hart wil gaan staan van skrik!

Mamma knip mos my skerp naeltjies, maar ek hou not the damn my handtjies stil nie… Dit moes seker een of ander tyd gebeur het dat mamma ‘n stuk van my vinger en nie naeltjie afgesny het!

Ek het helse skreeu gegee en ek bal my handjies in sulke stywe vuisies dat ek net nog meer bloed uitdruk, dit lyk erger as wat dit is, en pappa lag vir mamma wat wit van die skrik is. Mamma wil sommer ‘n pleister plak maar pappa lag net. Hoe lank gaan ‘ pleister hou met my besige handjies en nou dat ek my handjies so lekker suig is die kanse maar min. Die bloei hou ook sommer op toe klein Franco ophou om sy vuisies so te bal.

Ai, mammas is darem maar erg! Maar ek weet dis net omdat sy so baie lief is vir my!

Jip ek my eerste seerkry oorleef… Sien mamma ek is amper ‘n groot seun!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*