My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Ek is moeg vir koue

Ek bedoel – die koue maak my moeg. Ek bedoel – ek slaap soos ‘n klip as dit koud is.

Mamma en Pappa besluit mos om op die koudste naweek in die jaar Harrismit toe te gaan. Wat het hulle gedink?

Hulle het vriende gaan kuier, so natuurlik moet ek maar saamkom. As hulle my in die bed sit, slaap ek sommer dadelik, en sommer vir lang stukke. Ek word skaars wakker om te drink.
Pappa sê dis ‘n huis vol Pregnant Fairies – ek weet nie wat hy bedoel nie, ek het geen feëtjies gesien nie.

Mamma het vir my verduidelik dat sy en tannie Katherine en tannie Theana almal babatjies in hulle magies het. Dit maak nog minder sin as pappa se idee van feëtjies. Ek verstaan nie die klomp grootmense nie!

Dankie aan tannie Theana en oom Benno dat ons julle huis kon oorvat, en aan tannie Katherine en oom Zane vir die lekker kuier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*