My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Franco Dronkie

Sekerlik het all mammas al die volgende scenario voor hul sien afspeel, en as jy nog nie ‘n mamma is nie, imagine die volgende prentjie…

Franco het lekker vir so 30 min al gevoed. Mamma hou hom lekker styf teen haar vas en gooi hom oor haar skouer om die windjies uit te vryf. Franco se koppie swing met ruk bewegings heen een weer, melk en drule loop by sy mond uit, windjies kom onaangekondig sommer bo en onder uit… Franco probeer met Mamma gesels maar die geluidjies is stadig en bietjie lui om uit te kom, verder kan die pragtige bruin ogies nog nie fokus nie so ons loer mamma so bietjie skeel aan en dan woeps raak Franco sommer op mamma se bors aan die slaap!

Se nou net dit klink nie soos ‘n dronkie na ‘n aand se lekker kuier nie…

Lief jou my klein Franco 😉

4 Responses to Franco Dronkie

Leave a Reply to yolandu Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*