My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Roadtrip to Middelburg!

Jipee! Roadtrip! Weet nie of mamma of Franco die mees opgewondste was nie… Vrydag aand is al die Bogaardjies al soos 7,30 in die bed, want Saterdag oggend gaan ons op roadtrip na my Ouma Cecile in Middelburg!

Ons word toe 4:30 wakker maar pappa besluit dis darem te vroeg om Middelburg toe te ry. Ons Bogaardjies snooz toe maar almal in een bed tot so 6 uur!
Ek word ingestrap in die kar seat en klein Franco lyk piep klein daarin. Dit ou my darem veilig. Ek doeks al die pad af Middelburg toe. Ek soet!

My Ouma en Oom Kallie was vreeslik opgewonde om my te sien en my Ouma hou my so veel moontlik vas. Dit lekker. Ek ontmoet ook vir Zortjie die Jack Russel. Maar hy nie so baie geintereseerd in klein babatjies nie. Hy snif my net! Verbeel jou!

Ek kuier lekker en my Ouma kry ‘n smakie van my Weeeeeeee… sommer op haar klere en in my gesig in. Ai, gelukkig is sy gewoond aan seuntjies grootmaak.

Pappa bad my lekker in die sonkamer en ek op my cuteste vir my ouma, huil nie te veel nie en slaap mooi gedurende die aand.
Oom Kallie hou my ook lekker vas en bond ek sommer met almal.

Baie dankie vir ‘n heerlike kuier in Middelburg, ek sal sommer baie weer kom! Baie lief vir julle!

Ps. Dankie vir Oom Wessel wat my so vinnig hallo gese het en vasgehou het Sondag oggend oppad Delmas toe. Dit was lekker om jou te ontmoet!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*