My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Skaap 1, Franco 0

image

image

Ja nee kyk. Mak skape is toe nie heeltemal so mak soos ek gedink het nie.  Ons was bietjie op vakansie,  en ek wou net die skaap se kop vryf, toe raak die ding sommer laf en stamp my met sy kop op my bors! Pappa sê dit het soos ‘n cartoon gelyk soos ek deur die lug vlieg!

En natuurlik os daar net doringbome in dir bosveld, so mamma moes gereeld dorings uithaal. Ek is so groot, ek voel nie eers iets as mamma in my voet grou nie. Pappa reken ek het sole van leer…

En die beste ding is, daar was nie eers chocolate melkies nie, so elke keer as ons kafee toe was, het ek sommer ‘n 500ml melkie gekoop en hom heeltemal opgedrink. Dit was lekker!

Dankie vir die vakansie Mamma en Pappa

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*