My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

Franco doedoe…;-)

Weereens is dit Maandag en sit ek net genoeg blou in die dag om my mamma lekker moeg te maak.

Maar maak nie saak hoeveel blou Franco in die Maandag probeer sit het nie, een enkele cutie move het mamma se hart weer so sag dat ek more weer met haar kan toor!

Mamma dink ook Pappa is die beste husband en daddy ooit, want hy het vandag bierjie vroeer huis toe gekom. Dankie Daddy.

O, en jul weet mos daar is sports as ek en Pappa by die huis is. Ek het vanaand so vinnig in die swaai stoeltjie wat ons by Oom Dave leen gesit… dit was ook cute, maar ek nog bietjie te klein en die geheen en weer was dalk te veel vir my klein lyfie om te handle. Een van die dae is ek ‘n groot seun wat in die swaai stoeltjie kan sit. Een van die dae hoor!

Geniet hierdie fototjies almal. Hoop Franco klim nog verder in jul harte in!

Franco doedoe:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*