Franco Bogaard's Blog

My life. From 11 August 2010, 'till tomorrow

‘N donkie stamp net een keer sy kop

Maar Mamma en Sarah leer nie

Ek moes weer gisteraand deur die venster klim. Vir. Presies. Dieselfde.  Rede. As. Laas. Keer.

Asb tog julle girls, leer tog nou…

Ons nuwe Jungle Gym

image

image

Kyk ons nuwe speelplek!

Pappa is besig om vir ons ‘n Jungle Gym te bou. Hy het gister begin. Al die pale is geplant, en vandag wag ons net vir die sement om droog te word.

Pappa sê ons sal dit more klaar maak

Dankie Pappa

Mangels is vrek seer

image

image

Jip, dis daai tyd van my lewe. Ek het so ruk terug mangel onsteking gehad, en die ONK spesialis het gereken dis tyd om hulle uit te haal

Ons was gister oggend so vroeg by die hospitaal en is so 7:30 af na die teater toe. Ek moes asem haal deur ‘n masker, en die laaste wat ek kan onthou.

En toe kom die pyn! Liewe ouers. Dit is seer. En ek mag nie huis toe gaan voor ek iets sluk nie, en dit is te seer om iets te drink. So hoe moet ek nou maak?

Pappa het uiteindelik so 3 ure later ‘n spuit gevat en koeldrank in my mond in gespuit. Die verpleegster was baie bly dat ek nie opgegooi het  nie, en toe kon ons huis toe kom.

Mamma het vandag die heel dag by my gebly, klink my sy gaan die hele week hier bly. Dankie Mamma

Nou ja, dis nou weer tyd vir nog medisyne uit my privaat apteek, en dan is dit slaaptyd sodat my lyfie kan gesond word

Polisie drink koffie

image

Hi Julle,

Ons het die coolste ding ooit gesien. Daar het ‘n polisie helikopter in die parkeer terein geland waar ons in die Pick n Pay was

Dit was awesome! Pappa het my en Sus gevat om te gaan kyk

Daar was twee Polisie manne wat by ‘n koffie winkel gesot het. Ons dink hulle was seker maar net bietjie dors gewees, en toe het hulle gaan ietsie kry vir die keel

Umm, hoekom moet ons buite bly?

Want Mamma en Sarah het mekaar mis verstaan, en toe sluit Sarah die huis sleutel binne in die huis toe.

O grieta Pieta. Dit was ‘n fout

Toe moes ons maar vir Pappa wag om by die huis te kom sodat hy kan kom help. Gelukkig het ons nou mense wat ons huis verf (kyk op Anneke se blog vir die fotos) en hulle het hulle lang leer hier gelos. Toe moes Pappa die venster af haal, my deur die venster help, en mooi soebat dat ek die sleutel gaan haal en vir hom terug bring.

Ek was bang ek is te klein vir sulke groot en belanrike werk, maar toe vertel Pappa vir my dat dit juis is omdat ek nog klein is dat ek so perfek vir hierdie werk is.

Kyk hoe klim ek uit:

image

Tuin maak

image

Ja nee, ons mag ook mos help

Ek kan nie meer wag vir somer nie

Ek word 3

image

Ja nee,

Die lang wag is verby! Ek is nou uit eindelik ‘n groot seun!

Dankie ouma en oupa dat ons Marloth kon kom oorvat…

Liewe Jesus, ons het…

Nie chocolate melkies nie

Dis wat ek kwyt raak as mamma en pappa my bed toe stuur sonder ‘n melkie of sappie

Ek weet hulle bedoel goed, maar ek mis my melkies. Gelukkig mag ek in die dag nog sappies en melkies drink

Pappa se werk

Dis vir my lekker as ek na pappa se werk toe kan gaan! Daar is so baie kabels en liggies wat flikker! Pappa sê ek mag net nie die kabel uit trek nie, want dan kan hulle rekenaars nie meer werk nie

Oom Jaco se nuwe Woef

Kyk julle, dis Oom Jaco se woef Max. Hy is nog ‘n klein baba woefie

Oom Jaco sê hy is net so oud soos Sussa as jy sy woef-jare na mens-jare verander